Deesdae kan ’n mens soveel wys word met die druk van ’n knoppie! Vir diegene wat ’n bietjie lui is vir lees of bloot nie daarby uitkom om deur ’n vrag inligting te sif nie, is daar die wonderwêreld van YouTube.

Promosie

Liezel van der Merwe, besturende redakteur van INTIEM, is ’n groot aanhanger van Alejandra Costello, die ghoeroe van organisasie. Hoe pas organisasie by jou huwelik in? ’n Deurmekaar lewe kan jou doelwitte en gevoel van beheer belemmer. Jy haal dus sekere goed op manlief uit sonder om te besef jy doen dit omdat jou lewe bloot deurmekaar voel.

’n Georganiseerde lewe kan jou tyd spaar, jou doeltreffendheid verbeter en jou stresvlakke verminder. Kyk na Alejandra se flink idees op YouTube vir beter organisasie, en gevolglik ’n beter huwelik! Op https://www.youtube.com/watch?v=WgCHhcrKdQY kan jy byvoorbeeld sien hoe om jou bedkassie te organiseer sodat jy en manlief ’n goeie nagrus kan inkry!

 

Promosie

Deur Annelize Steyn