Waar het julle mekaar ontmoet?
Soek ’n padkaart van die omgewing. Vergroot dit só dat jy minstens ’n 30cm x 30cm blok hiervan kan maak. Skryf nou in ’n mooi lettertipe die woorde “Waar jy my hart gesteel het” groot bo-op die kaart. Maak ’n rooi hartjie op die presiese plek. Laat blok of druk dit op gespande doek vir julle om dit op ’n spesiale plek in jul huis te hang.
Dis ’n mooi herinnering aan waar julle liefde begin het, waarteen jy elke dag kan vaskyk om te onthou hoekom jy jou maat gekies het.