Nee, jy hoef nie ’n Martha Stewart in die kombuis te wees om dié enetjie kaf te draf nie…
Al wat jy nodig het, is ’n vierkantige koekpan en ’n ronde koekpan. Koop sommer ’n klaar-gereed koekmengsel by jou naaste supermark en bak die twee koeke.
Wanneer dit afgekoel is, keer hulle uit, draai die vierkantige koek diagonaal voor jou (sodat een punt na bo en een punt na onder wys). Sny nou die ronde koek middeldeur en plaas – met die gesnyde kant – teen die boonste sye van die koek. Siedaar, jou hart!
Versier met botterversiersel en hundreds and thousands.