Dis 02:30 in die oggend en jy is nog steeds wakker, want jou maat snork alweer! Vir die soveelste keer dink jy: “rol oor na die ander sy.”

Promosie

Snork kan ‘n beduidende uitwerking op ons lewens hê – beide fisies en emosioneel. Die algemene snork kan die volume van ’n wekker of ’n stofsuier bereik (ongeveer 60 tot 80 desibel.) Dit is heeltemal verstaanbaar dat snork dus die gehalte van jou of jou maat se slaap aantas. Erge snork kan die ondergang van vriendskappe en selfs huwelike veroorsaak, met baie paartjies wat geforseer word om in verskillende kamers te slaap om verligting van snork te verkry. Alhoewel beide maats hierdeur uitgerus wakker word, kan die skeiding meer permanent raak en die verhouding negatief aantas.

So – wat kan jy doen om snork te verminder?

Om jou maat se snork te probeer verminder, is dit belangrik om die tipe snork waaraan jou maat ly te identifiseer. Daar is 2 algemene tipes snork: nasale snork en keelsnork. Nasale snork is die tipiese snork wat met ’n verkoue, griep of allergieë gepaard gaan. Die tweede en mees algemene tipe snork is keelsnork. Dit kom voor wanneer die spiere van die keel teen mekaar vibreer of tril, wat die snorkgeluid veroorsaak. Wanneer jy wakker is, word hierdie spiere oopgehou vir maklike deurgang van lug, maar wanneer jy slaap, ontspan die spiere, die keel word nouer en die spiere vibreer dan teen mekaar, wat dan die snorkgeluid veroorsaak5.
Vir ’n keelsnorker kan enige iets wat veroorsaak dat die keelspiere ontspan, moontlik die graad van snork vererger. Hier is ’n paar faktore wat ’n mens se snork kan beïnvloed:

Promosie

• Daar is waarheid aan die wenk dat wanneer jy op jou sy slaap, verminder die snorkvolume. Wanneer jy op jou rug lê en slaap, kan dit veroorsaak dat jou tong agtertoe val, wat jou lugweg vernou en gevolglik die keelvibrasies vermeerder. Wanneer jy dus op jou sy slaap, verhoed d dit dat die tong die lugweg verstop.
• Om oorgewig of vetsugtig te wees kan die druk op jou keel verhoog, wat veroorsaak dat die keel vernou en snorkvolume verhoog. Om gewig te verloor is ‘n langtermyn oplossing om snorkvolume te beheer.
• By ‘n gereelde snorker kan alkoholverbruik snork vererger, aangesien alkohol wel bekend is as ’n spierverslapper. Sommige medikasie soos slaaptablette, pynmedikasie, mondelikse kortisoon en epilepsiemedisyne kan ook snork vererger.
• Neuspoliepe, mangels en skildklierswelling is bekende oorsake van snork. Hierdie is mediese toestande wat deur ’n geneesheer behandel moet word.

Silence® Anti-Snoring Spray verminder snorkvolume deur ’n biokleefbare formulering te gebruik wat die keel bedek en smeer om die vibrasies wat met snork verband hou te verminder. Dit verstewig die spiere van die keel mettertyd en help om die keel te streel. Daar is bewys dat Silence® Anti-Snoring Spray snorkvolume tot 10 keer verminder en dit bly vir 6-8 ure aan die wande van die keel.
Silence® Anti-Snoring Spray is teenaangedui by pasiënte wat ly aan asma, slaap-apnee of pasiënte wat vir soja- of grondboontjies allergies is. Swanger vroue moet eers ’n geneesheer raadpleeg voor gebruik. Lees altyd die etiket en gebruik soos voorgeskryf.

Verwysings:
1. http://www.sleepclinic.co.za/ met toegang op 14 Februarie 2017.
1. Irwin M, McClintick J, Costlow C, Fortner M, White J, Gillin JC. Partial night sleep deprivation reduces natural killer and cellular immune responses in humans. FASEB J 1996;10:643.
2. Konecny T, Kara T, Somers VK. Obstructive sleep apnea and hypertension: an update. Hypertension 2014;63:203-9.
3. Torres G, Sanchez-de-la-Torre M, Barbe F. Relationship Between OSA and Hypertension. Chest 2015;148:824-32.
4. http://www.sleephealthfoundation.org.au/public-information/fact-sheets-a-z/198-snoring.html met toegang op 14 Februarie 2017.

Silence® Anti-Snoring Spray word bemark deur: OMEGALabs (Pty) Ltd. Eerste vloer-Westelike vleuel, Oakhurst Besigheidspark, 11-13 St Andrewsweg, Parktown, Johannesburg, 2193. Maatskappy Registrasienommer: 2012/031731/07. Kliëntesorg: 011 709 9000. A032 03/17