Wat julle spesifieke uitdagings is:
  • Julle moet werk kry om julself te kan onderhou, in baie gevalle met net matriek. Dit plaas addisionele spanning op jul verhouding.
  • Die samelewing veroordeel nogal sulke jong huwelike (veral onder 20). Hulle hou julle met ’n vergrootglas dop en kan dikwels kommentaar lewer oor jul gebrek aan die vermoë om dinge te doen – byvoorbeeld om ouers te kan wees.
  • Julle moet baie uitdagings in julle verhouding en in die proses van onafhanklik van julle ouers leef hanteer, waarvoor ervaring en volwassenheid ’n groot voordeel is.
  • In jul vriendekring is julle dalk die enigstes wat so jonk getroud is – jul belangstellings en behoeftes kan baie verskil van jul vriende s’n, wat kuiers anders maak.
Voordele:
  • Julle is jonk en kan op ’n jong ouerdom kinders hê en grootmaak. (Jou lewenslange droom is dalk om vier kinders te hê en ’n jong ma te wees.)
  • Julle kan mekaar van jongs af saam vorm – as ’n mens ouer is, het jy al baie meer vasgelegde waardes en maniere van dinge doen.
  • Julle het ook nog nie elkeen lank alleen gebly nie en doen daarom dinge nog nie heeltemal selfgesentreerd nie.
  • As julle al van julle skooldae af uitgaan, ken julle mekaar waarskynlik al goed teen hierdie tyd.
  • In die ou dae het mense jonk getrou en later gesê: “Ons het getrou vir seks.” Dit kan ’n voordeel wees as julle lank in ’n romantiese verhouding is om jonk te trou, sodat julle ook op ’n seksuele vlak kan groei as julle gekant is teen seks voor die huwelik.
Nadele:
  • Julle kan mekaar dalk nog baie kort ken – dit mag ’n paar nare ontnugterings inhou nadat julle eers getroud is. (Jy kom dalk agter dis nie net by partytjies waar hy te veel drink nie, maar die meeste van die tyd.)
  • Julle is dalk finansieel nog glad nie gevestig nie en sukkel dan om ’n hele huishouding saam te onderhou.
  • Julle verhouding is dalk nog baie jonk en julle is nog kniediep in die verliefdheidstadium – albei van julle sien nog net maanskyn en rose. Julle wil albei nog net gee en sit net die beste voet voor, sonder om dit agter te kom, want niks is te veel moeite vir hierdie nuwe liefde nie!
  • Jy of hy is dalk nog nie klaar gejol nie – een of beide van julle het nog ’n groot behoefte om baie en laat saans uit te gaan, eerder as om saam in julle nessie by die huis te sit. Een of albei van julle wil graag nog oorsee gaan toer of werk, die wêreld sien voordat julle
  • ’n Mens is regtig emosioneel nog baie jonk in hierdie stadium, moet eintlik nog baie ontdek oor jouself en moet nog baie groei. ’n Mens kan emosionele kwessies, konflik en probleme met meer volwassenheid hanteer as jy alreeds ’n bietjie lewenservaring opgedoen het.

KLIEK HIER vir die volledige artikel “Op watter ouderdom moet ek trou?”

Promosie