Wat julle spesifieke uitdagings is:
- Julle is aan die vorder in julle beroepe. Een of albei van julle kan reeds gevestig wees in redelike senior posisies, wat reeds op sy eie baie van julle verg.
- Julle is al baie gevestig in hoe julle dink oor dinge, jul waardestelsels ens. Julle gaan nie meer maklik deur iemand anders (jou maat) geskaaf word nie.
- Julle het dalk al reeds heelwat emosionele bagasie bymekaar gemaak, omdat die lewe met julle gebeur het. Bagasie kan kommunikasie kompliseer. Julle moet elkeen jul eie en mekaar se bagasie leer verstaan om konstruktief te kan kommunikeer, sonder dat die bagasie julle pootjie.
Voordele:
- Julle is reeds gevestig in jul beroepe en kan finansieel goed vir mekaar sorg en vir kinders (as daar kom).
- Julle het kans gehad om dalk vir langer ’n verhouding te hê en ken mekaar al beter.
- Julle het beide baie meer lewenservaring. Mense is oor die algemeen emosioneel baie meer volwasse op hierdie stadium.
- Julle verhouding het ook kans gehad om oor die verliefdheidstadium te kom, wat dit makliker maak om mekaar se swakhede raak te sien.
- Julle sal meer volwasse ouers wees wanneer die babatjies opdaag.
- Julle het al lank genoeg pret en vryheid gehad en het dalk nie meer die behoefte om uit te breek nie.
Nadele:
- Julle kan op ’n relatiewe laat ouderdom eers met ’n gesin begin.
- Beide van julle is dalk al effens selfsugtig in julle eie patrone – julle eie opinies is minder buigsaam en elkeen het al vir lank hul lewe ingerig volgens hulle eie smaak!
KLIEK HIER vir die volledige artikel “Op watter ouderdom moet ek trou?”