#3 Jy weier om beheer te verloor.

Goed ja, jy is miskien die uitblinker in jou maatskappy, jou baas se witbroodjie en die een by die werk wat almal as ’n control freak beskryf (tot jou genoegdoening!), maar moet asseblief nie jou raadsaalpersona slaapkamer toe neem nie. So sexy soos wat ’n vrou is wat soms die leiding kan neem, so is ’n vrou wat voortdurend eis om baas in die slaapkamer te speel, absoluut die teenoorgestelde.