#12 Jy is krities in die slaapkamer.

As jy wil kritiseer, sê vir hom dat sy skoene nie by sy broek pas nie en maak sy spelfoute reg, maar in hemelsnaam – hou jou kritiek uit die slaapkamer. As jy ’n man se lus wil blus, beledig hom met ’n stukkie kritiek. Jy dink dalk dit is bevorderlik vir jul sekslewe, maar jy gaan meer kwaad as goed doen, so, as jy nie hou van die steungeluide wat hy maak sodra hy ’n orgasme bereik het nie, soek na ’n alternatiewe manier om die boodskap oor te dra.