#1 Jy verwag van jou man om soos ’n vrou te dink.
Hy moet die bottel se hardnekkige prop vir jou oopdraai, bereid wees om vir jou eer in ’n kroeggeveg betrokke te raak en kaviaar tafel toe bring . . . maar in die slaapkamer verwag jy dat hy soos ’n vrou moet dink! Ons breine is verskillend bedraad, so moenie van hom verwag om dieselfde seksuele ervaring as jy te hê nie. As seks vir jou so emosioneel was dat jy ’n traan pik en hy skakel die televisie aan om sport te kyk onmiddellik ná die sekssessie, onthou dié fout (al is hy ook ’n onsensitiewe buffel om so iets te doen!).