Die gesegde lui: Somer-lywe word in die winter gebou! So waar… As jy nie die komende somer met selluliet op jou agterstewe gevang wil word nie, tree pro-aktief op.
Ons almal ken daardie ongemaklike gevoel. Die dag wat jy besef dit is tyd vir ‘n moulose rokkie of kaal bene – nie omdat jy wil nie maar omdat die temperatuur jou nie nog ‘n toemaak-dag toelaat nie. En meer dikwels as níé word ons onkant betrap deur die nagevolge van daardie lááste bakkie malvapoeding! En ja, jy weet gewigsverlies is ‘n stadige, stelselmatige, uitgerekte proses en soms voel dit net asof jy nie die geduld en die stamina het nie. Kom ons wees nou eerlik, wie wil nou slaaiblare en gestoomde hoenderborsies eet net om 250gram ‘n maand te verloor?
Dit is juis die rede dat die gewilde Keto-dieet die dieëtwêreld op sy kop gedraai het! Die basiesebeginsel? Jy neem só min koolhidrate in dat jou liggaam sy eie vet begin verbrand maar jy neem wel genoeg vette in sodat jy nie honger behoort te voel nie.
Keto-voorstaanders meen dit is die antwoord. Vinnige gewigsverlies op ‘n volhoubare manier. Jy kan steeds smul aan romerige bredie, sjokolade-mousse en bottersous… mits jy jou bredie eet sonder die rys en aartappels, jou sjokolade-mousse met avokadopeer maak en jou bottersous op jou groente eet – en nié op jou kapok-aartappel nie. ‘n Hoë-vet dieet laat al die lekkertes toe waarna jou lyf smag, en hou jou terselfdertyd versadig genoeg sodat jy nie uitreik na witbrood nie!
Natuurlik, soos met enige dieet, is daar die minder lekker effekte. In dié geval sal jy hoogs waarskynlik vir die eerstepaar dae of weke sukkel met die nare “Keto-griep”. Die simptome (soos moegheid en hoofpyn), veroorsaak dat baie mense na dag drie tou opgooi. En dan is daar ook die tekort aan energie. As jy… moeder van vele, boonop ‘n huishouding met twee woelwaters moet bestuur, kan jy dit nie wáág om futloos te voel nie.
Daar is egter nuwe kapsules, Keto Fast-Track Kapsules, op die mark wat hierdie aanpassings tydperk verkort. Só kan jy dus jou eetplan verfyn sonder die normale aanpassings fase wat gepaard gaan daarmee om vanaf ‘n hoëkoolhidraat-plan na ‘n laekoolhidraat-leefstyl aan te pas. Dié kapsules help ook om brein-fokus ‘n hupstoot te gee. Jou bloedsuiker vlakke word stabiel gehou en volhoubare energie word vrygestel. Hierdie produk laat jou liggaam en brein toe om ketone te gebruik (met al die voordele van verhoogde energie, verbeterde breinfunksie, bloedsuiker-beheer, verbeterde insulien-sensitiwiteit en verminderde ‘cravings’). Jou liggaam en verstand bly energiek en helder en die produk is boonop stimulant-vry!
So, in kort… Ja! Jy kán keto sonder om te sukkel. Begin nóú en jy sal dié somer die eerste een wees om jou kortrokkie uit te haal met ‘n glimlag!
Vir meer inligting oor die Keto Fast-Track Kapsules besoek www.ketoeveryday.co.za, stuur ‘n epos aan info@ketonutrition.co.za of skakel Carol-Ann by 081 898 1231
Kontak hulle gerus ook met Verspreiders navrae.
SPESIALE PROMOSIE:
Keto everyday bied aan INTIEM lesers ‘n spesiale afslagbewys: Elke INTIEM-leser wat vóór 31 Julie 2019 ‘n bestelling plaas, sal ‘n addisionele 30 kapsules per botteltjie ontvang teen die prys van ‘n gewone botteltjie (wat 90 kapsules bevat), terwyl voorraad hou en beperk tot jou eerste bestelling. Teen R450 kry jy dus 120 kapsules, in plaas van 90 kapsules. Gebruik die koepon-kode: ketointiem30.(Slegs terwyl voorraad hou. Beperkte gebruik per koepon) KLIEK HIER om vandag nog die koepon-kode te gebruik!
Wat sê ander mense?
“Om met Keto te begin was die beste ding wat ek vir my gesondheid kon doen en die gewigsverlies is ‘n GROOT bonus! Om die Exogenous ketones kapsules te gebruik het my gehelp om goed te voel en om by my eetplan te bly”. Samantha
Ek het die Keto Fast Track eetplan elke dag vir 7 dae gevolg en ek voel ongelooflik! Ek kan nie glo hoe goed dit vir my gewerk het nie. Baie dankie!” Benno
KLIEK HIER vir die spesiale aanbod vir die INTIEM lesers wat slegs vir die maand van Julie hardloop! Keto everyday bied aan INTIEM lesers ‘n spesiale afslagbewys/ Elke INTIEM-leser wat vóór 31 Julie 2019 ‘n bestelling plaas, sal ‘n addisionele 30 kapsules per botteltjie ontvang teen die prys van ‘n gewone botteltjie (wat 90 kapsules bevat), terwyl voorraad hou en beperk tot jou eerste bestelling. Teen R450 kry jy dus 120 kapsules, in plaas van 90 kapsules. Gebruik die koepon-kode: ketointiem30.(Slegs terwyl voorraad hou. Beperkte gebruik per koepon)
- Gesels met jou dokter vóór jy met enige nuwe dieet begin.