Baie van die INTIEM mense wat ons op Facebook like sien nie elke dag al ons Facebook posts met inspirasie, raad en praktiese wenke vir hul huwelik nie. As gevolg van Facebook se algoritme sien meeste van die INTIEM mense net 10% van ons Facebook posts.
Facebook verander gereeld die “resep” vir wat hulle vir jou in jou “newsfeed” wys.
Indien jy agterkom dat die INTIEM Facebook posts nie altyd by jou uitkom nie, volg die volgende stappe:
1. Maak INTIEM se Facebook blad oop.
2. Kliek op die pyltjie wat af wys langs “Following” indien jy klaar ons blad volg OF kliek op “Follow” indien jy nog nie ons blad volg nie.
3. Kies dan “see first”.
4. Dan sal die INTIEM posts bo aan jou newsfeed verskyn, en jy gaan geen artikel, kompetisie, raad of lekkerte mis nie!