Dis somer. Tyd vir uitgerekte akkedis-dae in die son, gietende reën op sinkdakke, regte-egte draai-roomys, waatlemoen sop en soel aande in min klere saam met manlief. Dis ook die tyd vir … urienweginfeksies.
Nes jy gedink het die wintergoggas in vir goed in die kiem gesmoor en jy kan voortgaan met jou lewe sonder ‘n boks snesies in jou handsak. Net sodra jy gedink het jou toe-neus dae is agter jou en daarom is uitgerekte oopmond soene met jou skattebol weer aan die orde van die dag… tref ‘n nuwe gogga die ruit waardeur jy optimisties vir die somer kyk! Ja, dis waar – urienweg infeksies neem toe in die somer en neem af in die winter. Dit tref beide geslagte, maar veral vrouens onder die ouderdom van 44! Wetenskaplikes beweer daar is verskeie teorieë waarom urienweginfeksies seisoenverwant is. Een hiervan is dehidrasie. Dink mooi hieroor. Jy het lang, uitgerekte dae op die strand. Die son nooi jou vir ‘n lekker game rugby saam met jou kroos. Of jy bewonder die bos, agterop ‘n Jeep met ‘n alkoholiese drankie in die hand (onthou, alkohol déhidreer!). Nog ‘n teorie is dat daar meer seksuele aktiwiteit in die somer is. Ons weet nie hoe lyk jy en manlief se slaapkamer grafieke nie, maar terwyl sommige beweer dat oue weer en duvet-Saterdae die perfekte toestande skep vir babamaak-aktiwiteite, kan ander beweer dat jou man jou onweerstaanbaar vind in jou kortbroekie en T-hemp. En dat soel temperature die geleenthede vir seks soveel wyer maak… die kombuisblad en die strand is immers nie meer buite perke nie! Daar is ook gevind dat meer mense weens urienweg infeksies gehospitaliseer word. Dít is blykbaar weens ‘n toename in die antibiotika-weerstandige bakterieë wat hierdie infeksies veroorsaak.
So, wat kan jy doen om hierdie aaklige toestand te voorkom?
1. Luister na jou ma. Sy het jou immers baie jare gelede gewaarsku om áltyd van voor na agter af te vee ná jy badkamer toe was, het sy nie? Deur dit te doen kan jy nie die siekte heeltemal uitskakel nie, maar jy kan die waarskynlikheid daarvan wel laat afneem.
2. Moenie knyp nie. Selfs al beteken dit dat manlief langs die snelweg moet aftrek of dat jy iewers in die bos agter ‘n boompie moet hurk. Urine wat té lank in jou blaas talm, gee bakterieë ‘n kans om te groei en potensieel ‘n infeksie te veroorsaak.
3. Loop ‘n draai ná seks. Die aksie van die liefdesdaad kan bakteria in jou uretra opstoot. Om ná seks die toilet te besoek kan help om daardie bakterieë uit te spoel. So, drink ook genoeg water!
4. Kyk verby die ‘Lavender and Patchouli’. Ja, dit is heerlik om in warm baddens te lê en week wat skoon melkerig lyk van al die welriekende sout, olie en skuim… maar gegeurde produkte (en selfs gegeurde menstruasie-doekies) kan jou uretra irriteer. Hou jou produkte so kleur- en geurvry as moontlik. En onthou altyd – jou vagina is self reinigend.
5. Gebruik ‘n produk soos Femolene se Ultraberry, ‘n effektiewe bosbessie-aanvulling vir die voorkoming en behandeling van urienweg-infeksies. Nou dat jy weet jou kanse op ‘n urienweg-infeksie is groter dié seisoen, doen alles wat jy kan om ‘n siektevrye somer te geniet!
Vir meer inligting oor Ultraberry kliek hier!
Addisionele bronne: www.livescience.com; www.self.com; www.femolene.co.za