Min dinge kan jou lus vir die lewe só blus soos wanneer jou spysverteringstelsel nie lekker op dreef is nie. Jy voel opgeblase en asof jou lyf net nie van die oorversadigde gevoel wat gisteraand se pastagereg gelos het, wil ontslae raak nie. En van slaapkamerpret is daar nie sprake nie!

Promosie

Die oumense het vas geglo in ’n werkende spysverteringstelsel. Dié dat hulle brousels soos pruimedant-tee gekook het en jou vinnig ’n dop kasterolie ingejaag het as jy enige ongesteldheid gehad het. Hulle het geweet waarvan hulle praat en vandag glo kenners steeds dat jy alles in jou vermoë moet doen om seker te maak jy besoek die badkamer gereeld.

Hier is vyf van die algemeenste wenke:
1. Vul jou veselinhoud aan. Vesel is ’n natuurlike lakseermiddel (hoewel jy nie op een slag te veel moet inneem nie). Oplosbare vesel kom voor in psyllium, vlassaad, groente, vrugte en graan soos hawermout. Onoplosbare vesel kom weer voor in volgraan, neute, vrugte en sade.
2. Hou die waterkan byderhand. ’n Mens vergeet maklik om genoeg vloeistowwe te drink. As jou vloeistofinhoud laag word, is hardlywigheid jou voorland. Drink dus agt glase helder, skoon water per dag. Dit sal jou kolonfunksie ondersteun en jou help om van afvalstowwe ontslae te raak.
3. Gebruik ’n produk soos Bowel Balance. Dit is ’n mineraal-absorberende middel wat anti-oksidant-absorberende eienskappe het en as ’n vrye radikaal dien. Die unieke molekulêre struktuur absorbeer potensieel skadelike stowwe wat in ’n natuurlike dieet kan voorkom. Dit absorbeer gifstowwe, nitrate en swaar metale, en het ook eienskappe wat diarree teenwerk.
4. Trek die avokado’s nader. Jou liggaam vereis goeie vetsure en cholesterol om ten volle te funksioneer. Gesonde vette is ook noodsaaklik vir die optimale absorbering van vetoplosbare vitamiene A – dis noodsaaklik om die wand van jou kolon te bou en te behou. Gesonde vette sluit avokado’s, organiese eiers, olywe, olyfolie, klapperolie, rou neute, sade en olierige vis in.
5. Weet hoe werk die troon. Onthou ook ’n goeie postuur op die toilet – dit sal jou help om jou dermkanaal behoorlik te ledig en dit voorkom stremming. Leun vorentoe met jou elmboë op jou knieë en sorg dat jou knieë hoër as jou heupe is, deur byvoorbeeld jou hakke op te tel asof jy op jou tone loop. Jy kan ook ’n klein stoeltjie of die Geel Bladsye onder jou voete plaas.

’n Gesonde spysverteringstelsel kan jou lewensgehalte verbeter en dis binne jou vermoë om self beheer te neem hieroor. Deur hierdie paar stappe ’n gereelde deel van jou roetine te maak, kan jy reeds ’n groot verskil maak waarvoor jou dermkanaal jou sal bedank!

Promosie

Addisionele bronne: www.drbenkim.com.