Span jou selfoon se kamera in as ‘n romantiese (en soms sexy) tool vir jou huwelik.

Promosie
  1. Gaan saam op ’n kamera-date! Kies ’n interessante park of plek wat julle nog altyd wou sien en gaan ontdek dit met jul kameras. Die idee is om die hele dag in foto’s vas te vang uit julle verskillende oogpunte. Op die ou end kan julle saam die foto’s edit en ’n wonderlike, gesamentlike herinnering in die vorm van ’n reel
  2. Neem ’n stoute foto van jouself. Speel dress-up wanneer manlief nie by die huis is nie. Vra jouself af wat sy bloed laat bruis. Wil hy jou in ’n verpleegster-uitrusting sien? Is ’n nat T-hemp kompetisie, met jou as deelnemer, een van sy fantasieë? Neem ’n foto en skryf daarby: “Net ’n voorsmakie van wat vanaand vir jou by die huis wag.” Maak net dubbel seker jy stuur dit vir hóm!
  3. Herskep een van jul eerste foto’s saam. Kyk na een van die heel eerste foto’s wat van julle saam geneem is. Miskien was dit in 1992 by die Calvynfontein op die PUK. As jy nie kan onthou watter klere julle aangehad het nie, kyk na foto’s van daardie tyd en probeer die ‘era’ en jul haarstyle herskep met behulp van ou klere en pruike. Gaan nou terug soontoe, hou piekniek en herskep daardie selfde foto van julle twee! Julle kan selfs die oorspronklike foto en die nuwe foto langs mekaar raam… ’n herinnering aan hoe vêr julle intussen gekom het.
  4. Nog ’n stoute foto. Bel manlief en sê vir hom jy staan in die aantrekhokkie en kan nie besluit waarin jy die beste lyk nie. Hy moet jou help kies – jy sal foto’s stuur. Neem nou ’n foto in ’n mooi rokkie en stuur dit vir hom. Neem daarna een in net jou onderklere en stuur dit. En laastens – as jy die guts het – een in jou evasgewaad!
  5. Wees ’n model vir die dag. Omskep jul kamer in ’n fotografie-ateljee. Drapeer ’n effekleurige lap teen een van die mure en kry props soos ’n stoel,’n feather boa, ’n kussing en so voorts. Oorhandig nou die kamera vir manlief en speel model. Jy kan kies hoeveel of hoe min klere jy aanhet en julle kan vooraf besluit hoe laf of hoe sexy die fotosessie moet wees.
  6. Neem af wat jou trots maak. Elke vrou het sekere dinge wat haar trots en lief maak vir haar man. Wys dit vir manlief met behulp van foto’s. Dalk het hy ’n mooi bedkassie vir jou gemaak. Dalk is hy uistekend met kinders in die bed sit. Miskien loop hy in vodde rond sodat julle geld het vir die kleuterskoolfonds. Neem ’n foto van die bedkassie, of van hom met ’n kind op die skouer of van sy stukkende skoene (as julle albei die rede ken), laat dit druk en sit dit in ʼn koevert, met die woorde: “Dís hoekom ek so lief is vir jou…”
  7. Speel ʼn raai-raai speletjie. Beplan ’n romantiese aand en stuur vir hom leidrade in die vorm van foto’s. As jy ’n romantiese ete met nagereg in die slaapkamer beplan, kan jy byvoorbeeld ’n foto neem van die supermark (waar jy bestanddele koop). Neem ’n foto van jouself in jou voorskoot. Stuur daarna ’n foto van die onderklere wat jy sal aanhê. En ’n boksie vuurhoutjies (dié ene kan vele betekenisse hê) en laastens een van jou kopkussing. He’ll get the picture!
  8. Basuin dit uit! Neem ’n foto van manlief waar hy lekker lag en post dit op Facebook of Instagram. Skryf daarby: So lyk die sexyste man op twee bene!
  9. Onderneem ’n kissing road trip. Wat dit behels is dat julle iewers heen reis (soos Pelgrimsrus) vir die dag en kort-kort uitklim vir ’n scenic foto, met julle wat mekaar soen op die voorgrond! Natuurlik moet julle weet hoe jul kamera se self-timer werk vir dié een. Kyk hoeveel van hierdie soen-foto’s julle in een dag bymekaar kan maak.
  10. Maak ’n doccie. As julle ’n tiener het wat nie hééltemal te cool is vir hierdie oefening nie, vra haar om deel te neem aan ’n ‘dag-in-die-lewe-van-projek’. Kies een Saterdag waarop sy jul verhouding kan ‘dokumenteer’. Sy moet oomblikke tussen julle afneem (verkieslik moet julle nie eens daarvan weet nie). Daar waar julle saam koffie drink, waar julle in mekaar se arms lê en televisie kyk, waar julle aan etenstafel sit en gesels. Soos hulle sê: a picture is worth a thousand words…

 

Deur Annelize Steyn

Promosie