S’mores is ’n tipiese Amerikaanse lekkerny en gewild by ’n kampgeleentheid.
Om ’n S’more te maak, neem jy twee beskuitjies (in Amerika gebruik hulle Graham crackers, maar hier kan jy twee tennisbeskuitjies of Marie-beskuitjies gebruik. Neem een koekie en plaas ’n plat blokkie sjokolade daarop. (Lindt se groot sjokoladeblokke met die plat, breë blokkies werk goed).
Nou braai jy ’n malvalekker oor ’n oop vlam (soos ons ’n tipiese marshmallow-braai ken) en plaas dit op die koekie met die sjokolade bo-op, en “toebroodjie” die malvalekker en sjokolade met nog ’n koekie!
Wat van ’n binnenshuise kamp? Stuur die kinders om te gaan kuier, slaan ’n tweemantent iewers in die huis op, trek ’n teeliggie of kers nader en bou jul eie S’mores.
Deur Annelize Steyn