Saam ry julle die golwe van die huwelik. Soms word julle getuimel en gespoel. Met ander tye kom daardie ‘perfekte golf’. Julle trotseer saam moeilikheid, doen saam pajamadril, lag saam, huil saam, rou saam, juig saam. Dit is tyd om jul huwelik te vier by ‘n bestemming wat julle na jul asems laat snak…

Promosie

As jy en jou maat eindelik die besluit geneem het om te belê in jul huwelik deur ‘n romantiese wegbreek-vakansie, kom die groot vraag: Waarheen? Wel, ons kan jou minstens tien redes gee waarom Mauritius jul antwoord moet wees:

1. Almal beveel dit aan! Mauritius is wêreldbekend vir sy tropiese klimaat, kristalhelder water, wit sandstrande en alles-insluitende pakkette. Dit is ingestem as die wêreld se beste wittebroodsbestemming by beide die 2012 en 2013 World Travel Awards.
2. Daar heers ‘n warm gasvryheid. Die warm, verwelkomende glimlagte van plaaslike Mauritiane laat jou voel of jy vir altyd daar wil bly.
3. Mauritius is toeganklik. Veral vir Suid-Afrikaners! Nie net is die vlugte na Mauritius meer bekostigbaar as die meeste bestemmings nie, maar reistyd vanaf Johannesburg is slegs ‘n vier-ure vlug. Geen VISA’s is nodig vir Suid-Afrikaanse burgers nie.
4. Die aktiwiteite is belonend. Land- en watersport, sowel as ander aktiwiteite verskil van oord tot oord, maar oor die algemeen is die aktiwiteite soos water-ski, seilplankry, snorkeluitstappies en glasbodem-bootritte ingesluit by die tarief. Jy kan ook teen ‘n ekstra fooi gaan diepsee visvang, ‘n fiets huur, skubaduik-lesse neem of gaan golf speel.
5. Daar is soveel om te ontdek! Oorweeg dit om ‘n Aquarelle Catamaran Cruise dagtoer te onderneem: Swem en snorkel in kristalhelder water, geniet ‘n heerlike braai vir middagete aanboord en, as jy gelukkig is, kyk hoe die dolfyne speel en verby jou boot swem.
6. Die verblyf is romanties: Mauritius het ‘n wye verskeidenheid romantiese hotelle en selfs “slegs volwassenes” oorde wat elke sak en vereiste pas. Daar is verskeie luukshede vir paartjie wat wissel van sjiek boetiek-eiendom tot gesofistikeerde vyfster oorde. Al die akkommodasie opsies voorsien uitstekende dienste om romantiese paartjies werklik spesiaal te laat voel.
7. Die cuisine is eksoties en heerlik. Mauritius cuisine is ‘n wonderlike samesmelting van Sjinese, Europese, Indiese en plaaslike Kreoolse invloede. Dis tyd om spesiaal te voel… en Mauritius lekkernye word voorberei en met liefde en warmte bedien.
8. Jy kan jou batterye by die spa herlaai. Paartjies wil ontspan, weg van die kinders en dag-tot-dag gejaag. Mauritius bedien sommige van die wêreld se beste spa’s. Die meeste hotelle en oorde het ‘n in-huis spa-sentrum wat liefdesduifies bederf met ontspannende terapie.
9. Daar is romanse, privaatheid en afsondering. Geen wonder nie dat paartjies dié bestemming keer op keer kies.
10. Daar is geleentheid vir diep gesprekke en mooi foto’s. As jy wil herinneringe maak en Instagram-waardige foto’s wil neem om hierdie gebeurtenis vas te vang, is Mauritius die perfekte plek hiervoor.

EKSKLUSIEWE AANBOD!
The Travel Boutique bied ‘n eksklusiewe wegbreekpakket in Mauritius aan…en het Marriage Capsule genooi om saam te gaan! Die pakket is vanaf 25 Augustus – 1 September 2019 by die 4* Cannonier Beachcomber Resort. Vir die eerste keer ooit sal Liezel Marriage Capsule as deel van die pakket ‘n lewendige Huweliksverrykingskursus aanbied! Moenie die unieke geleentheid misloop nie… (Marriage Capsule en INTIEM is nie betrokke by of verantwoordelik vir die reëlings nie – alles word direk deur Travel Boutique gereël en alle navrae moet asb direk aan hulle gerig word).

Promosie

INGESLUIT:

– Verblyf in ‘n Standaard Tuinfront kamer
– Wi-fi in die kamers
– “All inclusive” maaltydpakket. Dit sluit alle maaltye, drankies en selfs tussenin happies in!
– Lughawe Vervoer
– 15% Afslag op Masserings by die Spa (spesifieke tye)
– 10%-20% afslag vir A Stroll in the Past of Wild South Excursion/s. Busvervoer op spesifieke dae en afhangende van minimum hoeveelheid passasiers
– Toegang en vol intekening op Marriage Capsule aanlyn- en konferensie-materiaal
– 5x Marriage Capsule sessies met Liezel van der Merwe (Stigter en Uitvoerende direkteur van Marriage Capsule) en haar man, Nico.

UITGESLUIT:

– Alle vlugte
*Johannesburg (vanaf R6285pp heen en weer, insluitende belasting, gebaseer op die wisselkoers en EFT betaling)
*Kaapstad (vanaf R9 050pp heen en weer, insluitende belasting, gebaseer op die wisselkoers en EFT betaling)
– Reisversekering vanaf R470pp, Leisure Comprehensive (Aanbeveel maar nie verpligtend nie, aangesien jy nie ‘n VISA vir Mauritius benodig nie).
– Kamertipe opgraderings as jy dit so verkies of as die kamer wat hierbo gekwoteer is uitverkoop is ten tye van die bespreking.

Vir meer inligting oor wegbreekpakette na Mauritius vir paartjies, besoek http://www.thetravelboutique.co.za/marriage-enrichment-week-mauritius/