INTIEM is Suid-Afrika se nommer 1 bron van huweliksinspirasie! Dié aanlyn platform (gemik op elke Suid-Afrikaanse getroude paartjie) is nie ‘n luuksheid nie, maar ‘n noodsaaklikheid. INTIEM in tydskrif vorm was vir meer as 12 jaar op die winkelrakke, maar is sedert Februarie 2018 100% digitaal (artikels, sosiale media ens), wat beteken jy kry al die raad, inspirasie en planne vir jou huwelik wanneer dit JOU pas… gratis, vry en verniet!
INTIEM se hoof doel is die bou van gesonde huwelike.
Ons wil Suid-Afrika herinner aan die waarde van ‘n gesonde en heel huwelik. Nie net motiveer die inhoud lesers om na dié ideaal te streef nie – dit wys jou as leser ook hoe om op ‘n punt te kom waar júl huwelik as inspirasie vir ander kan dien.
INTIEM streef daarna om haar lesers te bemagtig en ‘n nalatenskap van ‘n generasie sonder bagasie voort te bring. ‘n Generasie wat weer glo aan die krag van ‘n God-geïnspireerde huwelik.
Ons moedig paartjies aan om sáám op die INTIEM platforme te kuier en die raad en wenke só in te span dat dit tot pret, opwinding en versterking van hul verhouding lei.
Lees dus jul INTIEM se artikels en lees dit wéér. Bêre die tydlose inhoud vir latere verwysing en deel jul kennis met ander paartjies. INTIEM praat met júlle op ‘n gemaklike trant. Die inhoud is nie bloot vermaaklik nie, maar bevat bruikbare inligting wat jou kan help om jou droomhuwelik te bou en te geniet!
BONUS!!!! Ons het onlangs die beste artikels van 2018 en 2019 saamgevat in ‘n e-Tydskrif met meer as 200 bladsye! Jy kan weer deur jou gunsteling “tydskrif” blaai… Maar opskud, dar is net ‘n beperkte aantal e-Tydskrifte beskikbaar teen ‘n spesiale prys!!