Daar’s ‘n gejeuk in die Suidelike halfrond en jy is nie lus vir sukkel nie. Die maklikste en vinnigste oplossing is ‘n antibiotika, reg? Verkeerd! Dié besluit kan verreikende gevolge hê…
Jy en jou maat is op ‘n kort wegbreekvakansie. Die weer is heerlik, die romanse blom en dan, voor jy jou oë kan uitvee, word jy siek. Dis die tipe siekte wat jy nie graag in ‘n geselskap bespreek nie, maar wat jou pret met mening kan bederf: ‘n vaginale infeksie!
Jy is in ‘n vreemde dorpie waar jy geen dokter ken nie en die enigste apteek is van só aard dat die klank van agter in die winkel dra tot heel voor en die apteker effe hardhorend is. Gelukkig het jy ‘n antibiotika-roompie in jou sak gepak wat jy laas keer (toe jy ook so ‘n infeksie gehad het) nie gebruik het nie en jy besluit terstond om dit te begin gebruik. ‘n Antibiotika is mos ‘n behóórlike middel en speel klaar met enige infeksie, reg?
Verkeerd.
Mediese kenners sit met hul hande in hul hare oor ‘n tendens wat wêreldwyd ‘n krisis begin raak. Antimikrobiese weerstandigheid is die vermoë van ‘n mikro-organisme, soos bakterieë, fungi, virusse en sommige parasiete om die werking van ‘n antimikrobiese agent (soos antibiotika en antifungale middels) te verhoed.
In leketaal? Mense gebruik antibiotika wanneer dit nie werklik nodig is nie, wanneer hulle hulself verkeerd diagnoseer, of wanneer dit voorgeskryf word om aan die pasiënt se verwagting te voldoen i.p.v behoorlike tyd te spandeer om pasiënte op te voed, word dit voorgeskryf en die gevolg is antimikrobiese weerstandigheid. Dit beteken dat antibiotika sy effektiwiteit verloor en mense wêreldwyd sterf van bakteriële infeksies omdat geen antibiotika meer vir hulle werk nie. ‘n Skrikwekkende gedagte!
Kom ons hou dit eenvoudig: Antibiotika is ‘n antibakteriële behandeling en kan daarom slegs klaarspeel met bakteriële infeksies. Sit jy dus met ‘n fungale of virale infeksie, gaan antibiotika jou net mooi niks help nie! Inteendeel, in geval van ‘n verkeerde diagnose kan ‘n antibiotika eintlik ‘n fungale infeksie vererger.
Die enigste manier om die regte diagnose te maak is om ‘n vaginale kultuur deur ‘n dokter of klinieksuster te laat uitvoer. Dié monster word vir analise na ‘n patologie laboratorium gestuur en uitslae neem 2-7 dae.
Toon die uitslag wel dat jy ‘n bakteriële infeksie onder lede het, sal jy waarskynlik ‘n topikale antibakteriële room of jel (wat sommer oor die toonbank beskikbaar is), of ‘n orale antibiotika kry wat vir jou voorgeskryf word.
Maar wat maak jy intussen met die onaangename reuk en irriterende gejeuk?
Daar ís talle goedkoop behandelings beskikbaar (veral die generiese middels vir antifungale behandeling), maar val hiervoor en jy moet dalk net meer betaal vir ander behandeling as dié nie werk nie, óf terugkeer apteek (of selfs dokter) toe net om meer te betaal vir ‘n ander produk.
Jou beste roep is waarskynlik om ‘n topikale antiseptiese middel (soos ‘n mediese douche of jel) aan te skaf, wat die drie mees algemene tipe vaginale infeksies behandel, die ergste simptome verlig en geen weerstandigheid toon nie, gesels met jou apteker hieroor. Indien die simptome nie verlig word nie en ‘n dokter konsultasie benodig word het jy reeds ‘n effektiewe behandeling begin, en jou dokter kan slegs jou behandeling aanvul, indien hy/sy voel dis nodig.
Besoek gerus betadine.co.za/intimate-care vir meer inligting oor die BETADINE™ Daily Intimate Care – Natuurlike intieme sorg vir daaglikse varsheid en selfvertroue!