Bedroom talk kan jou en jou huweliksmaat se spreekwoordelike doring in die vlees wees of beter werk as die beste lubricant. Hoe en wanneer kommunikeer jy en manlief oor seks?

Promosie

Dit is só maklik om met jou beste vriendin te praat oor dinge wat jou wild maak in die slaapkamer, maar die oomblik as manlief jou daaroor uitvra, begin jy stotter of klap toe soos ’n boek. Hoekom? Huweliksmaats sukkel dikwels om doeltreffend oor seks te kommunikeer as gevolg van vrees. Sê nou net jy vertel jou man van jou wildste fantasie en hy dink jy is weird? Of sê nou jy vertel vir manlief jy hou nie eintlik daarvan as hy sy tong gebruik nie en dan praat hy nooit weer met jou nie?

Dit is scary, maar ’n mens moet daaroor gesels. Nie jy of manlief is ’n mind reader nie. Dalk is manlief al net so moeg vir dieselfde seksposisie as jy, maar dink jy geniet dit só baie dat hy niks wil sê nie. En hoe seker is jy jy weet wat jou man se grootste turn-on is, of skiet jy maar ’n skoot in die donker en hoop dit is ’n bullseye?

Vrae wat jy jou maat kan vra

Promosie

Werp lig op jou en jou maat se behoeftes deur hierdie vrae vir mekaar te vra vóór julle mekaar volgende keer gryp. Die speletjie kom met sy eie ses reëls, so maak seker julle verstaan dit albei.

  • Ons kan nie alles kry wat ons wil hê nie.
  • Ons beantwoord al die vrae 100% eerlik.
  • Ons mag mekaar nie oordeel nie – smaak verskil.
  • Ons is sensitief vir die feit dat ons albei vulnerable is gedurende die speletjie.
  • As ’n voorstel afgekeur word, gaan dit gepaard met ’n rede hoekom.
  • Ons gaan mekaar nie dwing of manipuleer om voorstelle uit te voer as ons nie albei gemaklik is daarmee nie.

Is julle reg? Hier is ’n lysie van vrae wat julle kan gebruik.

  • Hoe dikwels benodig jy seks?
  • Wil jy seks hê op plekke elders as in die slaap­kamer?
  • Hoe voel jy oor sexy lingerie en roleplay?
  • Watter seksposies verkies jy?
  • Wat benodig jy om gestimuleer te word tydens voorspel?
  • Hoe voel jy oor seksspeelgoed?
  • Hoe voel jy oor orale seks en hand jobs? Hoe kan ek dit vir jou aangenamer maak en wat doen ek verkeerd?
  • Hoe kan ek jou laat weet dat ek in die mood is?
  • Indien ek nie lus is wanneer jy is nie, hoe kan ek jou laat weet sonder dat jy verwerping ervaar?
  • Watter van die dinge wat ek doen tydens seks geniet jy die meeste?
  • Wat moet ek minder doen gedurende seks?
  • Hoe voel jy oor dirty talk terwyl ons seks het?

Pillow talk tydens seks

Wat sê jy en jou maat vir mekaar gedurende seks? Doen julle dirty talk, praat julle oor ditjies en datjies of geniet julle die oomblik sonder woorde?

Die regte woorde in jou maat se oor kan die tier in hom wak­ker maak, maar die verkeerde woorde kan sy lus laat slaplê.

Pillow talk moenies:

Praatjies oor die kinders, werk, vriende of skoonma is ’n groot nee-nee! Jou man wil nie hoor hoe Katriena nou weer van jou geskinder het terwyl hy jou tot ’n klimaks probeer bring nie.

Nou is ook nie die tyd om jou maat te vertel dat jy eintlik al vir twee weke vir hom kwaad is nie. Sorteer julle probleme vooraf uit of los dit vir ná die tyd.

Indien jou maat iets verkeerd of vreemds doen gedurende seks, moet nooit opspring en sê: “Eeeow, wat het jy nou net gedoen, is jy laf?” nie. Indien jy voel jy moet jou maat se aandag trek na ’n negatiewe aspek van waarmee julle besig is, doen dit op ’n mooi manier sonder om die persoon se gevoelens te vermorsel. ’n Huweliksmaat wat op só ’n manier uitfreak breek die ander een se selfbeeld af en skend sy of haar selfvertroue.

Wat is dirty talk?

Dit is wanneer jy woorde gebruik wat jou en jou maat se ver­beelding aangryp voor of gedurende seks om julle plesier te verhoog. Dit sluit in enige iets van kru taal tot beskrywings van gevoelens, begeertes en bevele.

Die idee van dirty talk is om mekaar te verlei en seksueel op te wek. Hoe ver jy dit vat, gaan afhang van jou en jou maat. Nie almal is gemaklik daarmee nie, terwyl baie paartjies beweer dat dit letterlik ’n orgasmiese ervaring is.

Mans word veral deur dirty talk gestimuleer wat handel oor hoeveel plesier hulle hul maat gee. Of oor hoe hulle penis voel en lyk.

Fluister net bietjie sommer eenkeer in jou man se oor: “Ek wil jou wonderlike, harde penis nou in my hê.” Dit gaan nie net sy oë wees wat groter word nie!

Pillow talk ná seks

Dit was lekker, maar nou is dit klaar. Of dalk was dit nie só lekker nie. Mag jy dit sê?

Kenners meen dit is beter om nie direk na seks oor ’n negatiewe ervaring te praat nie. Bêre dit liewers vir buite die slaapkamer. Wanneer julle praat oor ’n seksuele let down, moe­nie aanvallend en beskuldigend wees nie. Doen dit sagkens.

Praat ook gereeld oor julle seksuele voor- en afkeure. Jy en jou maat se smaak kan verander – dis nie set in stone nie – en niks is so onbevredigend soos resepmatige seks nie.

 

Deur Thalia Brüssow
Bronne: Cleardreams.co.uk, thepurebed.com, blistree.com