Seksuele voorspel is kuns. ‘n Subtiele kuns. Sommige sterflinge bemeester dit blitsig en sonder veel inspanning, maar vir ander kan dit ‘n leeftyd neem om onder die knie te kry…
Dit maak nie saak in watter kategorie jy jouself bevind nie, die volgende mantra gaan van kritieke belang wees. Informasie en kommunikasie is belangriker as prestasie. Herhaal dit ‘n paar keer. Dit is ‘n geykte gesegde maar kennis is werklik mag. Gewapen met die volgende tegnieke en wenke wag daar ‘n slaapkamer-nobelprys met jou naam op.

Laat haar smeek vir meer

Voorspel is nie iets wat ‘n paar minute voor die daad as ‘n nagedagte gedoen word net om al die bokse te tiek nie. O, nee. Kenners stem saam dat voorspel vir sommige vrouens reeds vroegoggend begin.

‘n Sagte woordjie in die vorm van ‘n kompliment of ‘n meer fisieke benadering soos ‘n ligte soentjie in die nek of ‘n stoute woordjie in die oor kan ure later vrugte afwerp. Of ‘n briefie met soet woordjies op die yskas. Die keuse is joune. Die sleutel tot sukses is om jou maat se voorkeure en afkeure te ken. Gebruik ‘n guerilla-aanvalstegniek. Slaan blitsig toe! Knibbel aan haar oor en onttrek net so vinnig soos jy toegeslaan het. Dit sal die afwagting laat opbou en haar sintuie prikkel.

Promosie

Meer is nie beter nie

Reg, die saadjie is geplant. Nou moet hy water gegee word. Opvolgwerk is belangrik, maar matigheid is die sleuetelwoord. Te veel van ‘n goeie ding is ook sleg, so daar moet ‘n balans gevind word tussen komplimente en stoute praatjies. Anders as mans neem dit vrouens tyd om fisiek en sielkundig opgewek te raak. Te veel stoute praatjies of te veel komplimente kan egter die teenoorgestelde uitwerking hê. Mans is visueel, vrouens is sensueel.

Meng die groot vyf

Maak nie saak watter invalshoek jy gebruik nie, maak net seker dat al haar sintuie op een of ander manier geprikkel word.

Die grootste seksorgaan is tussen jou ore. Probeer voorspel minder seksueel en meer sensueel te maak. ‘n Sexy oproep kan opgevolg word deur ‘n stoute e-pos of ‘n teksboodskap. Dit gebeur gereeld dat paartjies voorspel oorslaan om vinniger by penetrasie-seks uit te kom. Dit is ‘n groot fout.

Volgens Dr. Susan Block, skrywer van The Ten Commandments of Pleasure, is dit amper nooit ‘n goeie idee om voorspel oor te slaan nie. Volgens haar kan die regte voorspel ‘n verskil tussen ‘n 0 en 10 op jou slaapkamerrapport wees. Dit is ‘n wetenskaplike feit dat vrouens voorspel nodig het om goeie seks te beleef. Dit neem ook langer vir vrouens om in die bui vir seks te kom.

Hou hande vas

Sensuele aanraking soos hande vas hou, nabyheid soos ‘n kop op ‘n skouer rus of om jou wederhelf se hare streel is alles subtiele voorspeltegnieke wat ingespan kan word.

Voel ‘n veer: Speel speletjies

Moenie kielie nie – vat net, moenie vat nie – kielie net. Net so belangrik dit is om al die sintuie by voorspel te betrek, kan die ontrekking van ‘n sintuig selfs ‘n beter uitwerking hë. Blinddoek mekaar. Dit is waar. ‘Verloor’ een sintuig en die ander verskerp. Vir die oefening kan die ligte aanraking van ‘n veertjie op jou liefdesmaat se liggaam haar ekstase tot ongekende hoogtes neem. ‘n Ysblokkie is ‘n verrassing wat spaarsamig ingespan moet word.

Wie’s baas?

Neem leiding in die slaapkamer. Meeste vrouens se harte begin vinnig klop as ‘n man beheer neem in die slaapkamer. Bind haar hande vas. Soen haar nek en naeltjie maar laat haar smeek vir meer. Jy kan selfs haar boudjies liggies pak slae gee. Praat. Vra jou liefdesmaat of sy daarvan hou wat jy doen. Kommunkasie is belangrik, maar laat die storielyn vir julle liefdesspel spontaan ontknoop. Daag jou maat uit om enigiets met jou te doen sonder om haar hande te gebruik. Jy sal verbaas wees hoe kreatief dinge kan raak.

Moenie opgee nie

Daar bestaan ‘n algemene wanopvatting dat voorspel ‘n voorreg is voordat die hoofgereg bedien word. Dit is egter onwaar. Voorspel is iets wat deurlopend moet plaasvind. In sommige gevalle is dit gedurende omgang nodig om weer ‘n houtjie op die vuur te gooi om die kaggel te stook, dit is normaal en party vrouens moet meer sensueel gestimuleer word as ander.

Druk die regte knoppies

Kennis is mag. Vergewis jouself met al die belangrike erogene sones (nek, naeltjie, bekken ensovoorts) . Dit is areas wat wetenskaplik bewys is om uiters prikkelbaar vir stimulering te wees. As jy hierdie areas ken, kan jy die plesiersentrum in jou lewensmaat se brein beheer.

Voorspel is nie ‘n voorgereg wat die hoofgereg voorafgaan nie. Waak daarteen om voorspelbaar te wees. Kommunikasie is die hoeksteen van voorspel. Moenie huiwer om vra te vra nie as jy sukkel om haar nie-verbale lyftaal te verstaan, vra eerder direkte vra eerder as om aannames te maak. Niemand kan jou voorskryf hoe om jou vrou te soen nie, maar gewapen met die bogenoemde tegnieke en wenke kan jy meer in die slaapkamer kry as waarop jy gereken het.

Artikel deur ETIENNE VAN RENSBURG

Artikel aan jou gebring deur Desir – Honour yourself – www.desir.co.za