Het jy al ooit aan wonderwerke en jou huwelik in een sin gedink? Jy kan vandag nog begin vra, bid en werk aan wonderwerke vir jou huwelik. Verander die ondenkbare in ’n werklikheid vir jou en jou maat!

Promosie

Lees elke dag die teksgedeelte hardop saam en kyk met verwagting hoe die Skrif elke dag nuwe insigte in jul verstaan bring. Lees dit uit verskillende vertalings en gebruik die gebedswenke om saam daaroor te bid. Maak aantekeninge en merk belangrike gedeeltes soos wat julle aangaan.

Dag 7: Oorwin die kwaad met die goeie

Delf dieper: Romeine 12:9-21.

Promosie

Ds Karel Steyn sê: Hierdie gedeelte gee vir ons praktiese raad oor hoe ons aan die wonder van eensgesindheid kan werk (vers 16). Beplan ’n bietjie hoe jy met ’n volgende geleentheid die kwaad kan oorwin deur die goeie vir jou huweliksmaat te doen. Of, hoe volhard jy saam met jou huweliksmaat en op jou eie in gebed vir julle huwelik? Raak prakties! Werk saam aan die wonderwerk van eensgesindheid en die goeie wat God in julle huwelik bewerkstellig.

Bid vir: Harte wat nooit sal verhard nie, maar dat die kwaad altyd in jul huwelik oorwin sal word deur die goeie. Bid vir goedgesindheid, toewyding en hoop tussen julle.