Het jy al ooit aan wonderwerke en jou huwelik in een sin gedink? Jy kan vandag nog begin vra, bid en werk aan wonderwerke vir jou huwelik. Verander die ondenkbare in ’n werklikheid vir jou en jou maat!

Promosie

Lees elke dag die teksgedeelte hardop saam en kyk met verwagting hoe die Skrif elke dag nuwe insigte in jul verstaan bring. Lees dit uit verskillende vertalings en gebruik die gebedswenke om saam daaroor te bid. Maak aantekeninge en merk belangrike gedeeltes soos wat julle aangaan.

Dag 2: Maak getrouheid ’n wonderwerk

Delf dieper: Hebreërs 13:4.

Promosie

Ds Karel Steyn sê: Net soos wat ons in Genesis 2:18 gehoor het dat ons mekaar moet help, moet troos en moet liefhê, moet ons saamwerk om die huwelik eerbaar te hou en om getrou te bly aan mekaar. In ’n wêreld waar ontrou die norm geword het, is dit niks anders nie as ’n wonderwerk wanneer twee mense getrou is en bly aan mekaar! Getrouheid is iets wat ons net kan beleef en uitleef wanneer die Heilige Gees dit aan ons gee. Daarom begin getrouheid op ons knieë, waar ons saam in gebed hard werk aan ons huwelik!

Bid vir: Beskerming van jou en jou maat se harte, sodat getrouheid vir julle ’n hoeksteen in jul huwelik sal word.