Dis ‘n sekere feit – Elkeen sterf en jy het geen idee wanneer dit jou beurt sal wees nie. Dit is ‘n onderwerp wat ons liefs vermy, maar tref jy nie voorsorg nie, verloor jy jou sê…
Carpe diem! Gryp die dag! Dis die leuse waarvolgens ons leef. Bly positief, fokus op dit wat opbouend is en hou die blink kant bo. Ons is geprogrammeer om te fokus op dít wat ons laat lekker voel en daarom is dit nie die norm om jou date night te skoei op gesprekke rakende boedelsbeplanning nie.
En ja, om die bobbejaan agter die bult te gaan haal of teen die einde van ‘n romantiese afspraak in trane te wees by die gedagte dat óf jy óf jou maat die hartseer sal moet verwerk dat een van julle gaan agterbly, is nie die ideaal nie. Maar die dood is deel van ons realiteit en daarom is dit baie belangrik om voorsiening te tref, sodat jou sake in orde is wanneer jy die dag sterf.
As jy sterf sonder ‘n Testament, gee jy as’t ware die reg weg om self te bepaal wat met jou bates moet gebeur wanneer jy die dag nie meer daar is nie. Jy laat ook jou geliefdes met ontnugterende kostes wat hulle midde-in hierdie uitmergelende rouproses moet probeer hanteer…
Jy werk jou hele lewe lank om ‘n nalatenskap vir jou hartsmense te los. Maar die hoeveelheid Suid-Afrikaners wat sterf sonder ‘n geldige Testament is kommerwekkend!
Volgens kenners toon statistiek dat ongeveer 80% van Suid-Afrikaners nie ‘n geldige Testament het nie. Is jy deel van hierdie statistiek? Dit beteken dat jy jou reg afskryf om te sê wat moet gebeur met dít wat jy jou hele lewe lank by mekaar gemaak het…
As jy sterf sonder ‘n geldige Testament, sal jou erfgename erf volgens Wet 81 van 1987 – wat bepaal wíé jou bates erf (jou eggenoot, kinders, kleinkinders, ouers en ander familielede kry prioriteit). As dit in elk geval is hoe jy wil hê dit moet gebeur, kan die afwesigheid van ‘n Testament steeds verreikende gevolge hê.
Jou kinders kan in staatstoesig opeindig – of in die hande van ‘n voog wat jy nie self sou gekies het nie. Jou kinders se erfporsie kan benadeel word deur die Staat se Voogdyfonds. Daar kan téén jou wense opgetree word wat jou nalatenskap aanbetref. Jou erfgename kan onaangenaam verras word met onvoorsiene kostes rondom boedelbelasting wat finansieel swaar op hulle kan rus. As dit kom by die verdeling van jou bates, kan daar ernstige konflik intree wat verhoudinge kan beskadig. Die staat sal boonop beredderaars aanstel om jou boedel en Testamentêre Trust te bestuur. Met ander woorde… sou jy sterf sonder ‘n Testament tree ‘n stel rigiede reëls volgens wetlike riglyne in om námens jou te praat…
Dit wat gebeur na jou dood, kan soveel anders geskied as jy ‘n eenvoudige Testament laat opstel. Dis ‘n taak wat jou geliefdes baie hartseer, benoudheid en vrees kan spaar. Capital Legacy is ‘n diensverskaffer wat help om die wetlike kostes ná jou dood aansienlik te verminder. Dié vinnig groeiende maatskappy verskaf ‘n konsultasie waartydens ‘n komplimentêre Testament vír jou opgestel word.
INTIEM het kontak met Capital Legacy en hulle bied ‘n gratis diens om jou Testament op te stel (sonder enige verpligtinge). Voltooi die vorm onder en hulle sal jou kontak.
NS. Handel hierdie saak af voor die vakansie, sodat jy Kersfees met ‘n geruste hart kan vier.