Wees deel van die GROOT Troue Skattejag 2019 en volg die padkaart saam met jou verloofde na julle spog-troue toe!
Hierdie kompetisie bied nie net weeklikse nuwe opwindende raaisels en pret nie, maar ook pryse! En op die laaste dag, moet daar ‘n diamant gevind word. Die eerste 3 paartjies wat dié diamant vind, staan ‘n kans om hul sprokies-troue by een van die mooiste venues in Gauteng te wen! Skryf in vir die GROOT Troue-Skattejag 2019 gebring deur Wedding Hub SA. Wedding Hub SA is ‘n betroubare netwerk vir jou troudag, onder een dak.
Hierdie opwindende initiatief onderskei Wedding Hub SA van die normale en traditionele platforms, met hulle interaktiewe boekie, aanlyn platform en eksklusiewe geleenthede, voorsien Wedding Hub SA jou met alles wat jy gaan benodig om jou sprokie-troue ‘n waarheid te maak. Weding Hub SA is ‘n betroubare-netwerk; en ‘n ontmoettings-plek op die voorgrond van nuwe tegnologie waar ons bruide voorstel aan top verskaffers op ‘n nuwe en slim manier op jou slim-foon. Ons streef daarna om die pret terug te sit in jou groot dag se beplanning met ons interaktiewe boekie, spesiale nuusbriewe, spog geleenthede, aanlyn platform, asook ons jaarlikse Troue-Skattejag.
Die Groot Troue-Skattejag is ‘n opwindende kompetisie wat ontstaan het deur ons hartsbegeerte – om iemand se droom waar te maak, waar jy talle pryse kan wen asook ‘n droom troue geborg deur ons uitsoek verskaffers, die GROOT Troue Skattejag 2019 word met trots aan jou gebring deur Wedding Hub-SA, Groot FM, Beeld, en INTIEM. Die kompitsie is 9 weke lank, en die laaste leidraad sal in die Beeld koerant wees, Saterdag 30 November 2019.
Die Groot Troue Skattejag skop af op 5 Oktober 2019 by Die GROOT Lente Trouefees by Idlewild Country Estate naby Irene. Neem kennis jy kan steeds vandag inskryf – jy gaan net vinniger deur die leidrade moet probeer werk. Moet nie uitmis op al hierdie pret en avontuur nie, volg die skakel op www.weddinghub-sa.co.za om in te skryf vir hierdie groot skattejag. Die eerste taak was Maandag 7 Oktober 2019 op GROOT FM 90.5.
Die GROOT Troue Skattejag 2019 is nie net ‘n skattejag nie, maar ‘n pret-geleenthied om deur jou hele troue se beplanning te beweeg sonder enige moeite en boonop die kans te staan om vele weeklikse pryse los te slaan, tyd saam met jou verloofde te spandeer en mekaar nog beter te leer ken. Paartjies wat ingeskryf het sal meer inligting, al die reëls en regulasies per e-pos ontvang. Deur middel van die “ClueKeeper” toepassing moet jy en jou verloofde raaisels ontsyfer, koerant-legkaart stukkies uitknip, verbeeldingryke fotos neem, en nog vele meer take verrig om eerste die diamant te vind. Die eerste drie paartjies wat hierdie diamant vind sal uitgenooi word na die “Beeld Bruid van die Jaar Gala-aand” in April 2020 waar die beoordeelaars ‘n wenpaartjie gaan aangekondig en die Skatkis oorhandig sal word. Die GROOT Skatkis troue is die 31ste Julie 2020 by een van die mooiste venues in Gauteng, Avianto, geleë in Muldersdrift area.
Moet nie uitmis op al hierdie pret en avontuur nie, volg die skakel op www.weddinghub-sa.co.za om in te skryf vir hierdie groot skattejag.