Ja, as dit kom by pret tussen die lakens, bly ’n goeie matras op ’n bed met stewige pote waarskynlik jou eerste keuse wat die venue aanbetref. Maar het jy geweet dat, deur net ’n bietjie buite die slaapkamer te eksperimenteer, julle jul sekslewe ’n hupstoot kan gee?

Promosie

Hier is ’n paar plekke wat jou hart gaan laat bokspring en jou bloed gaan laat bruis:

  1. Die kombuisblad. Hmm, nou nie die mees higiëniese daad nie, maar wie gee om? As die komkommerskywe eers die vloer getref het en die whisk in die verste hoek lê, beslis nie júlle twee nie! Seks op die kombuisblad is ’n natuurlike uitvloeisel van saam kook, dus kan manlief gerus ’n bietjie aan sy baktegnieke begin skaaf. Jy kan dié daad ook inisieer deur hom in die kombuis in te wag – met net jou voorskootjie aan!
  2. ’n Aantrekhokkie. Is jou man een van dáárdie mans vir wie ’n trip winkel toe soos ’n loutere marteling klink? Beloon hom vir sy vrygewige kredietkaart deur hom skelm saam met jou in ’n aantrekhokkie in te pluk. Geniet die wonderlike view wat die omringende spieëls julle bied!
  3. Op die lessenaar. Maak sy laat werkery jou klaar? Daag een aand onverwags by sy kantoor op met ’n piekniekmandjie. In die mandjie is daar natuurlik nie toebroodjies en frikkadelletjies nie, maar eerder dinge soos aarbeie, sjampanje, sjokoladesmeer en spuitroom. Jy weet waarheen gaan ons hiermee, né?
  4. Voor die kaggel. Dis winter en wat is méér romanties as ’n kaggelvuur? Miskien is dít die plek waar net jou hond homself gerieflik maak. Wel, stuur vir Wagter hok toe en gooi ’n lekker dik kombers voor die kaggel. Dink: Rooiwyn, kerse – een heerlike cliché . . .
  5. Op ’n hooimied. Kuier op die platteland met ’n paar kinky gedagtes en skielik kry die uitdrukking a roll in the hay nuwe betekenis! Neem miskien maar ’n kombers saam, want skerp strooihalms kan ’n passieblusser wees!
  6. In die fliek. Koop kaartjies vir die agterste ry. Maak seker dit is ’n fliek wat julle nie graag wil sien nie (as die kine leeg is, is julle sorted – probeer dus die laataand-vertoning). Hier gaan julle waarskynlik jul oorspronklikheid en diskreetheid tot die uiterste moet beproef. Moontlik gaan dit net by ’n hand job of die orale variety bly, maar as julle kans sien vir meer, gáán daarvoor!
  7. In ’n tent. Daar is nogal iets cosy aan ’n tweemantentjie, met ’n kampvuur wat buite knetter en skadu’s oor die tent gooi. Ja, dit gaan dalk effens beknop wees, maar dit sal bydra tot die pret.
  8. In ’n sauna. Draai die temperatuur hoog en jy kan heelwat kilojoules verbrand! Gewoonlik is ’n sauna doodvervelig, maar dink watter geleentheid julle twee in slegs jul handdoeke bied? Boonop laat die swetery gladde aksie toe!
  9. In ’n swembad. Nou dat dit winter is, wil julle liefs na ’n warmwaterbron toe gaan. Bespreek ’n weeksaand of gaan buite seisoen as dit redelik stil is en julle weet julle kan die swembad vir julself hê. As toegang verbode is, dra dit by tot die opwinding. Julle kan kaalbas gaan swem of van jul swemklere in die swembad ontslae raak.
  10. In ’n biblioteek. Koester manlief die sexy nerd-fantasie? Sit ’n oulike swartraambrilletjie op, trek ’n cheeky rompie aan en vra hom om jou in die universiteitsbiblioteek se biologiese wetenskappe-afdeling te ontmoet, waar jy hom ’n paar lesse oor die menslike liggaam sal kan leer . . .
  11. Op die trappe. Goed, dit klink dalk nie romanties nie, maar dink aan die interessante hoeke vir oorspronklike seksposisies. Julle kan die trapreëling vir ondersteuning gebruik en as hy heelwat langer is as jy, kan julle iets waag wat gewoonlik ietwat van ’n uitdaging is. Die trappe kom gewoonlik tot hul reg as passie ’n paartjie oorrompel op pad slaapkamer toe . . .
  12. Op die wasmasjien. Vra hom om ’n bietjie “handjie by te sit” met die wasgoed! Natuurlik sal jy hom moet laat verstaan hy kry iets uit die deal (dit kan jy maklik doen met ’n oogknip of ’n strategiese skuurbeweging). Wanneer julle in die waskamer kom, sit ’n bondel klere in die wasmasjien, gaan sit op die masjien en trek hom nader. Hmm, good vibrations . . .
  13. In die vliegtuig. Jy ken waarskynlik die mile high club (die fiktiewe klub waarvan mense lidmaatskap kry as hulle op ’n vliegtuig seks gehad het). Hoe dit werk: Jy stap ongesiens badkamer toe, maar sluit nie die deur nie. Manlief volg ’n paar minute later. En dít is waar die pret begin, want nóú moet julle uitwerk hoe presies om dit te doen in ’n itsy bitsy blokkie van ’n hokkie.
  14. Op sy kar se enjinkap. Hoewel ons voorstel dat jou man nie té lief vir sy kar moet wees vir dié een nie, sal enige man wat sy sout werd is, hierdie aksie verwelkom – ook die skrape wat daarmee saam kom! Stel voor dat julle sy kar was. Trek die kar in die agterplaas (waar daar redelike privaatheid is), dra jou kleinste wit T-hempie en bikini-broekie en help hom was. Die oomblik wat hy jou in daardie uitrusting sien, behoort hy te weet wat jy in gedagte het. Die eindresultaat? Seks op die bonnet – gewaarborg!

Geniet die opwinding wat met buitengewone seksvenues gepaard gaan en wy sommer ook elke kamer in jul huis in . . . dit bou wonderlike herinneringe vir eendag as julle nié meer daardie wasbak-move sal kan doen nie!

Promosie