Net sewe dae per jaar kan ‘n merkwaardige verskil in jou huwelik maak. Gedurende dié tyd kan jy baanbrekerswerk doen wat julle ‘n leeftyd kan hou…

Promosie

SA Huweliksweek word binnekort vir die sewende agtereenvolgende jaar gevier. As jy vertroud is met dié aangeleentheid weet jy teen dié tyd dat 1-7 September die week is waartydens jy en jou maat spesifiek op jul huwelik moet fokus.  Dié inisiatief is deel van die wêreldwye Marriage Week International, met die visie om Huweliksweek teen 2021 in 75 lande te sien realiseer.

Vanjaar gaan SA Huweliksweek groter en lekkerder as ooit wees.

Die organiseerders van SA Huweliksweek het groot planne vir vanjaar se vieringe en ‘n piekniek in Franse styl by INTIEM se liefdesbrug in Magnolia Dell is op die agenda.

Promosie

“Ons moedig graag paartjies an om gratis op ons webtuiste te registreer vir wonderlike inligting en voordele, en om ander paartjies aan te hits om dieselfde te doen. Dit is een week waar huwelike in Suid-Afrika prioriteit behoort te geniet,” sê Liezel van der Merwe, stigter van SA Huwelik en direkteur van intiem.co.za en die huweliksprogram Marriage Capsule.

Vanjaar se tema vir SA Huweliksweek is: “Maak sin van my, jou en ons lewe saam.” Die doel is om paartjies te help om hulself en hul huweliksmaats beter te verstaan sodat die getroude lewe makliker en lekkerder is.

Gedurende ‘n dinkskrum het die organiseerders van SA Huweliksweek besluit dat hulle vanjaar paartjies wil bemagtig om iets merkwaardig vir hul huwelik te doen, iets wat meer intensief is as ‘n gewone date night en wat ‘n paartjie se huwelik op die lange duur kan bevoordeel. “Ons het besluit om [paartjies] toe te rus met ‘n verhoudings-instrument …”

Die verhoudings-instrument waarna Liezel verwys, is ‘n temperamenttoets genaamd LOFS, wat deur Marriage Capsule spesifiek vir paartjies ontwikkel is.

“Jou temperament is die oorspronklike weergawe van wie jy is en dit bepaal hoe jy op die wêreld se impulse reageer,” vertel Liezel. “’n Begrip van jul onderskeie temperamente kan ‘n huwelik dramaties affekteer – ten goede.”

Die LOFS temperament-toets is gebasseer op die vier temperamente wat deur Hippocrates vasgestel is. Die LOFS-toets verdeel die vier temperamente in watervorme: Ocean, Lake, Fountain en Snow. Deur dié toets te doen kan jy jou en jou maat se temperamente vasstel en leer hoe jul unieke temperament-kombinasie tot voordeel van jul huwelik kan strek.

Gedurende SA huweliksweek kan paartjies die LOFS-temperamenttoets in die gerief van hul eie huis en op hul eie tyd doen. Die resultate kan daartoe bydra dat huwelikspartye mekaar beter verstaan, konflik kan minimaliseer, kommunikasie kan verbeter en mekaar se behoeftes beter kan leer verstaan. Dit kan ook meer lig werp op die dinamika wat tussen ‘n huwelikspaartjie heers.

Belangstellende paartjies kan vanaf 1-7 September kies tussen ‘n gratis of betaalde weergawe van die LOFS-temperament-toets. Die gratis weergawe gee jou leiding oor hoe om te bepaal wat jul onderskeie temperamente is. Die betaalde weergawe (R150 per paartjie) stel jul primêre, sekondêre en unieke kombinasie-temperamente vas.

Dié mini-kursus sal jou wys hoe om jouself en jou maat beter te verstaan en sodoende die huwelik beter te bestuur. Die betaalde LOFS-temperament-toets sluit ook ‘n gratis e-boek met gereelde vrae en antwoorde oor temperamente vir paartjies in.

Slegs 55% van paartjies in Suid-Afrika se huwelike slaag en Liezel glo dat die LOFS-temperament-toets ‘n paartjie ‘n beter kans gun om deel van dié statistiek te wees.

“Ons glo werklik die temperament-toets is merkwaardig en kan soos ‘n superkrag in jou huwelik werk,” meen Liezel. Ons hoop dat elke getroude persoon in Suid-Afrika teen die einde van huweliksweek sal weet wat hul eie – en hul huweliksmaats – se temperamente is. Ons voorsien ook praktiese inligting aan deelnemers oor hoe om saam die lewe te bestuur.”

Vir meer inligting oor hoe om toegang tot die LOFS-temperament-toets te kry, registreer gratis op www.sahuweliksweek.co.za en word ‘n lid van SA Huweliksweek.

Kontak die SA Huweliksweek-span by 012 347 7530 of stuur ‘n epos aan geraldine@sahuweliksweek.co.za.

Volg SA Huweliksweek op sosiale media by: www.facebook.com/sahuweliksweek of Twitter www.twitter.com/sahuweliksweek.

Vir meer inligting besoek gerus www.sahuweliksweek.co.za