Dit kos jou ’n besoek aan die lapwinkel – en ’n paar rand. As jy kreatief raak, kan jy ’n rooi satyn-lint baie handig in die slaapkamer gebruik. Koop sommer ’n hele rol, sodat jy genoeg het om mee te speel.

Promosie
  1. As jy steeds jou skooluniform het – en daarin pas – speel bietjie “onskuldige skoolmeisie”. Maak ’n poniestert en draai die lint in jou hare. Steek die soom effens korter vas as jy destyds die hoofmeisie-tipe was, en stap gemaak-onskuldig uitlokkend na hom toe voor jy (heel onverwags) wydsbeen op sy skoot gaan sit.
  2. Neem ’n lang lint, bind dit oor jou borste en maak voor ’n strik. Staan uitlokkend in die deurkosyn en sê hy kan sy geskenk kom oopmaak . . .
  3. Maak vir jou ’n piepklein lekkergoed-voorskootjie. Neem ’n lint en tou. Sny ongeveer tien stukkies tou van 15cm elk en maak dit in die middel van die lint, drie sentimeter uitmekaar, vas. Ryg nou lekkergoed met gaatjies in, aan elke toutjie. As jou “voorskoot” gereed is, bind dit om jou heupe en maak die lint agter vas. Die voorskoot moet jou begeerlikste deel vir hom bedek! Doen nou vir hom ’n uitlokkende “vrugbaarheidsdans” en sê hom aan om die lekkergoed af te eet.
  4. Sny die satyn-lint in twee. Maak sy hande ligweg vas aan die bed se kopstuk en “blinddoek” hom met die ander helfte. Jy kan hom terg met orale seks tot hy dit bloot nie meer kan uithou nie!
  5. Krap rond vir double-sided tape of iets soortgelyk in jul hardeware-kissie. Neem dit nou en sny stukke af, nadat jy die lint in eweredige stukke gesny en strikke gemaak het. Plak nou die strikke oral op strategiese plekke op jou lyf (jou borste, blom en naeltjie), voor jy op die bed vir hom wag.
  6. Satyn-lint het ’n syagtige tekstuur. Gebruik dit om met Junior te speel terwyl manlief op sy rug lê. Draai dit om sy penis, kielie sy maag daarmee, laat dartel dit tussen sy bobene – ’n sure fire manier om hom mal te maak!
  7. Gebruik ’n hele rol satyn-lint, rol dit af en sny dit in twee baie lang dele. Begin nou by jou bene en draai elke been in ’n criss-cross patroon toe tot jy bo by jou lyf kom – doen nou dieselfde met jou hele lyf en wag vir hom onder die lakens.
  8. As jou begroting ’n bietjie knap is, kan jy ouerige of “sinlike” onderklere in iets sexy omskep met ’n rooi satyn-lint. Maak twee strikke waar jou bra se bandjies en cups bymekaar kom. Of maak ’n lint aan weerskante van jou broekie vas vir ’n girlie
  9. Bind ’n lint vas om ’n geheime plek aan jou lyf en trek jou klere bo-oor aan. WhatsApp hom deur die dag en sê dat jy vir hom ’n rooi satyn-lint iewers aan jouself vasgemaak het. Sy uitdaging is om dit te soek – met niks anders as sy mond nie.
  10. Maak een van jou ledemate vas aan een van syne met die satyn-lint. Maak byvoorbeeld jou pols om sy enkel vas in voorspel. Só sal julle gedwing word om naby aan mekaar te bly en nuwe en opwindende posisies te ontdek!

 

Deur Annelize Steyn

Promosie