Dit maak nie saak hóé flink jy met jou hande en die res van jou lyf is nie, uiteindelik is dit jou tong wat die deurslag gee as dit by voorspel kom! En nee . . . ons praat nou nie van dáárdie tipe lippetaal nie. Het jy geweet dat jy met die regte woorde jou maat se sekstermometertjie die hoogte kan laat inskiet?
Ja, jy moet weet hoe om te vry. Daar is niks beter as ’n stomende snak-na-jou-asem soen op die mees onverwagse tyd nie. En ja, natuurlik moet jy weet wat om met die knoppies aan jou maat se lyf te maak . . . waar dinge ’n bietjie gefinetune moet word en wanneer ’n stewige handgreep nodig is.
Maar ons herinner jou graag weer aan een van die wette van die slaapkamer: Goeie seks begin by goeiemôre! In kort beteken dit maar net dat woorde jou sekslewe ver kan bring en dat jy nooit die voordele van vokale voorspel mag onderskat nie.
Jy kan komplimente uitdeel, jy kan suggestiewe voorstelle in jou maat se oor fluister, maar met ’n subtiele vraag laat jy die seksratjies in jou maat se kop met ’n spoed draai! Oorweeg dus volgende keer om jou maat ’n paar van die volgende vrae te vra en kyk wat gebeur:
Wanneer julle oor die telefoon praat:
- Vertel ’n bietjie vir my wat het jy aan? En wat het jy daarónder aan?
- Hoe lank gaan dit jou vat om tot hier te kom?
- As ek nou by jou was, wat sou jy aan my doen?
- Waar is die sexyste deel aan jou lyf wat jy graag sou wou hê ek moes soen as ek by jou was?
- Wat dink jy doen ek op hierdie oomblik?
Op ’n prettige date night:
- Hoe oud was jy met jou eerste regte French kiss – vertel my ’n bietjie?
- Wat is die snaaksste seksposisie waarvan jy nog gehoor het? Dink jy ons sal dit kan doen?
- Het jy al ooit iemand “op heterdaad” betrap?
- Het jy al ’n hele dag lank in die openbaar sonder onderklere geloop?
- Hoe voel jy daaroor as ek jou in die openbaar soen?
- Is daar iets wat jy graag sal wil probeer vanaand?
Wanneer jy die daad by die woord voeg:
- Ek sukkel om te besluit watter bra die beste pas? Help gou?
- Ek het vandag ’n (tydelike) tatoeëermerk gekry. Raai waar is dit?
- Dink jy ek kan ’n orgasme fake soos Meg Ryan? Luister gou . . .
- Dink jy regtig grootte maak saak?
- Kom ons trek ons klere uit en loop kaal rond vanaand – wat dink jy daarvan?
- Wat dink jy daarvan as ek seks uit die bloute inisieer? (Inisieer dit dan!)
Op die sitkamerbank met ’n glas wyn in die hand:
- Watter voorspel dink jy werk die beste vir jou?
- Waarvan hou jy die meeste wat ek doen wanneer ons seks het?
- Watter dele van ons huis dink jy moet ons nog “inlyf”?
- Hou jy van my nuwe parfuum?
- Hoe gereeld sou jy graag seks wou hê?
- Wanneer laas het jy ’n stoute droom oor my gehad?
Wanneer julle albei weet wat gaan gebeur . . .
- As jy enigiets kan kies, in watter rolspel-uitrusting sal jy my graag wil sien?
- Wat is dit van orale seks wat dit vir jou lekker maak?
- Watter seksposisie dink jy moet ons volgende probeer?
- Weet jy wat is my gunsteling deel van jou lyf?
- Hoe voel dit vir jou as ek ’n orgasme kry?
- Wys my wat is jou gunsteling deel van my lyf?
- Hoe kan ek jou wys hoe sexy jy regtig vir my is?
Die geheim van voorspel-vrae is dat jy absoluut “in die oomblik moet wees” hiervoor om die regte uitwerking te hê. Luister ook na jou stemtoon, en gebruik jou lyftaal en gesigsuitdrukking om dít wat jy vra te beklemtoon. Die blote vraag: “Sal jy my plantjie kom water gee?” terwyl jy met jou tuinhandskoene staan en geïrriteerd lyk, kry ’n heel ander betekenis wanneer jy in jou onderklere in die deurkosyn staan en vir manlief knipoog terwyl jy dit vra . . .
Moet nooit die mag van jou tong búíte die slaapkamer onderskat nie, vir ’n optimale uitwerking binne-in die bed!
Deur Annelize Steyn