Natuurlik is dit nie moontlik om elke dag kaviaar en sjampanje van jou maat se naeltjie af te eet nie, maar so nou en dan is dit in die haak om ʼn bietjie uit te haak en jul liefdeslewe uitspattig te vier!

Promosie
  1. Koop vir julle die beste beddegoed wat jy kan bekostig. Julle hoef nie elke keer daarop te slaap nie, maar haal dit vir spesiale geleenthede uit. Sorg dat dit satynlakens in ʼn ryk kleur is, kry vir die winter ʼn kasjmier knusdeken en sorg dat daar talle donsveerkussings op die bed lê. Dit maak dit soveel lekkerder om tussen spesiale beddegoed rond te rol, en dit is ideaal vir heeldag- of heelnag seks, aangesien jy nie sommer uit die bed sal wil klim nie.
  2. Kry vir julle ʼn paar blokke luukse, Belgiese sjokolade. Sjokoladewinkels hou gewoonlik ʼn groot verskeidenheid aan. As jy dit by die deurnagmotorhawe om die hoek kan kry, is dit waarskynlik nie luukse sjokolade nie. Koop nou ʼn bakkie room en ʼn blik kondensmelk. Meng die hele spulletjie en verpak dit in ʼn glasbottel — siedaar! Jul eie, ryk, luukse sjokoladeliggaamsverf (hou dié mengsel en die luukse beddegoed maar liefs uit mekaar se pad …)
  3. Wanneer julle iets het om te vier, gaan kry ʼn bottel luukse sjampanje. Dit is nie die soort wat almal ken en wat jy vir ʼn appel en ʼn ei op die drankrakke van supermarkte in die hande kry nie, maar die duurder droë variante. Miskien is dit nie vir jou so lekker nie, maar julle gaan beslis soos adelikes voel nadat julle daardie prys betaal het! Doop die rand van jou beste sjampanjeglase in water en daarna in strooisuiker. Vries bessies in ysbakkies, en voila … ʼn uitsonderlik luukse drankie vir slaaptyd (of eerder … vir wakkerblytyd!)
  4. Huur die kar met die afslaandak waarvan julle nog altyd gedroom het, maar wat julle dalk nooit sal kan bekostig nie. Koop vir jou ʼn syserpie en Jacky O-sonbrille, dress the part en vat die langpad! Ry iewers heen saam met die man in jou lewe, speel die musiek waarop julle gevry het kliphard en verbeel julle julle is vir ʼn dag Hollywood-sterre. Hou iewers op ‘n veilige plek stil en klim saam met Manlief agter die stuur in. Ons glo ons hoef nie verdere riglyne te gee oor wat jy volgende moet doen nie …
  5. Gaan koop die aandrok wat jy nog altyd begeer het — hopelik een wat piepklein en blink is! As jy nooit ʼn minirok dra nie, des te beter! Kry die ekstra hoë stiletto’s wat jy nooit in die openbaar sal dra nie, laat jou hare professioneel stileer en bespreek vir julle ʼn nag in ʼn gastehuis (die luuksste wat jy kan bekostig). Bestel sjerrie vir die kamer, skakel die ligte af en die CD-speler aan en bel vir Manlief met padaanwysings. Verwelkom hom behóórlik. Hy moet darem eers met jou dans voordat hy daaraan mag dink om jou duur rok uit te trek.
  6. Miskien klink aarbeie en room vir jou soos ʼn cliché, maar daar is ʼn rede waarom dit so doeltreffend as opkikker werk. Patrick Holford, die stigter en direkteur van die Institute of Optimum Nutrition in London glo vas hierin, aangesien aarbeisade ryk aan sink is. Dit gee mans se testosteroonvlakke en vroue se libido ʼn hupstoot (www.omibod.com).
  7. Sorg dat julle al die bestanddele vir ʼn erotiese bad gereed het. Dit sluit ʼn bottel goeie badskuim, musiek, byvoorbeeld Paula Coles se Feelin’ Love, d’Angelo se Brown Sugar of Nelly Furtado se Maneater in, maar die belangrikste is dik, supersag, ekstragroot handdoeke en kamerjasse. Wanneer die bad verby is, droog Manlief af (en hy jou) en draai mekaar styf in die handdoeke toe, voordat julle net daar op die badkamervloer weer daarvan ontslae raak (mits daar natuurlik verhitting in jul badkamer is!). Julle kan dit later weer aantrek en in mekaar se arms aan die slaap raak.
  8. As jy nog nie die fliek, Sex and the City, gesien het nie, maak seker jy kry dit in die hande so gou moontlik, want jy móét net inspirasie uit die idees van Kim Catrall se karakter, Samantha tap. Sy het haar liefling bederf deur hom naak in te wag, met al wat haar naugthy bits bedek het, slegs ʼn verskeidenheid soesji! Doen dieselfde: gaan koop ʼn soesji-platter, gaan lê op die eetkamertafel (sorg net dat jy jou selfoon byderhand het en daar nie enigiemand anders by die voordeur kan inloop nie), en versier jouself met soesji! Hy sal beslis verras wees en sy aandete terdeë geniet!

***

MARRIAGE CAPSULE METHOD: 7 STAPPE TOT ‘N HUWELIK WAT HOU! INTIEM SE BESTE PRODUK OOIT! Kliek hier!

Promosie