Jy glo jy ken die basiese beginsels van goeie orale seks, maar dit lyk tóg vir jou of jy nog ’n bietjie kan werk aan Vroulief se plesier-barometer. Hier is ’n paar wenke!

Promosie

1. Chill, Dude!
Onthou, moet nooit orale seks aanpak as jy nie genoeg tyd het nie. Ordentlike cunnilingus is allermins ’n tien-minuut-takie. Maak ook seker dat jy nooit jou vingers by jou tong-aksie betrek voor jy nie seker is haar lyf is heeltemal gereed hiervoor nie.

2. Vertoef op voorgereg!
Hoe geniet jy hoofgereg? Deur jou eetlus ordentlik op te wek gedurende voorgereg. As jy vir jou vroutjie fantastiese voorspel wil gee, neem tyd om haar lyf te soen, haar dye te knibbel en regtig tyd te bestee op die res van haar lyf voor jy gaan vir goud!

3. Relax Max . . .
Hou jou tong ontspanne en los terwyl jy haar lek van haar vaginale opening tot by haar klitoris. Volg die buitelyne van haar vagina aan beide kante. Herhaal dié tegniek van bo na onder en van links na regs.

Promosie

4. Tong-toebroodjie
Terwyl jy die twee dele bymekaar hou met jou lippe, beweeg met jou tong tussen die binne en buitenste labia.
5. Vroetel vlak . . .
Die meeste van ’n vrou se vaginale senuwee-eindpunte is by die open¬ing en die buitenste paar sentimeter van die vagina. Sit jou tong in die vaginale opening en maak klein sirkeltjies by die opening.

6. Lollipop-lekkerte
Neem haar ontblote klitoris in jou mond en suig sagkens daaraan, terwyl jy gelyktydig jou tong daaroor en rondom dit beweeg. Jy kan dit ligweg of meer aggressief doen.

7. Ruil die rolle
Rol jou tong in ’n buis. As jy dit kán doen, fantasties, as jy nie kan nie, jammer: Dis geneties! Beweeg dit heen en weer oor haar klitoris in dieselfde aksie as wat ’n vrou se vagina rondom ’n man se penis pas. Resultate gewaarborg!

8. Ken jou ABC!
Sê jou alfabet op ‘in’ haar genitalieë! Dit werk soos ’n bom, want jou tong beweeg in verskillende rigtings soos wat jy die ABC sê. Leer watter is haar gunsteling-letters! Wanneer jy weer in ’n geselskap sit en sy stout vir jou fluister dat sy só lus is vir ’n K en ’n G, sal nét jy weet wat sy bedoel!

9. Tease me baby . . .
Terwyl haar klitoris ontbloot is, gee dit klein suig-aksies deur dit toe te vou met jou mond en dan weer vry te stel. Neem haar klitoris in jou mond en suig sagkens daaraan terwyl jy jou tong daaroor en rondom beweeg.

10. Meneer Stabiliteit!
Wanneer jy agterkom jy doen iets wat haar gek maak, moenie dink jy moet vinniger of harder probeer nie – bly presies by dit wat jy doen! Dit verg ’n wonderlike tegniek wat oor en oor gedoen word om jou Eva tot by ekstase te bring!

Bronne: Sexinfo101.com; Askmen.com; Askdanandjennifer.com