Ons eerste Lou to Lekker uitdaging in Julie was ‘n reuse sukses! Daarom het ons besluit het om dit in September weer te herhaal!! Kyk onder aan die artikel vir terugvoer van Julie maand se paartjies… Hier is solank 3 van ons gunsteling aanhalings:
- Wow!!! Wat ‘n fabulous manier om weer die vuur aan te blaas in ons huwelik. Soveel nuwe idees en tips, dit gaan ons heeljaar besig hou. Ons is baie dankbaar dat ons kon deel wees van hierdie geleentheid, en sal dit vir almal aanbeveel. Want huwelike maak baie saak. En regtig, dankie uit ons harte, dit was freaking fantastic! Ons is al 22 jaar getroud en het nou eers ‘n paar dinge geleer wat ons nooit geweet het nie.
- Dit was vir ons baie lekker en het beslis ‘n reuse verandering in ons huwelik gebring. Ons huwelik het sommer van die eerste week af al anders begin voel. Ons is beslis nader aan mekaar as wat ons voorheen was, amper soos net na ons troue. Sal dit beslis aanbeveel.
- Dit het defnitief mens so baie idees gegee en ook om uit die boks te dink en nie vas gevang te bly in die oud of die manier hoe dinge nog altyd gedoen word nie. Ook besef hoe maklik mens mensself en mekaar nalaat. Dankie dat die Lou nou weer Warm kan wees!!
Hierdie uitdaging is enig in sy soort! Kom kuier vir 30 dae saam in ‘n Privaat Facebook groep, saam met lekker mense… mense soos ek en jy!
Vir 30 dae lank, gaan ons elke dag vir jou inligting gee wat jou huwelik kan verryk, versterk, verbeter. Daar hoef nie iets fout te wees met jou huwelik nie… hierdie uitdaging is vir almal wat lus is vir ‘n LEKKER huwelik!
Elke dag ontvang jy:
- ‘n Voorspel wenk (want goeie seks begin met “goeie more”!)
- Intieme inspirasie (wenke en idees van kenners en medewerkers)
- Posisie van die dag (ja, daar is regtig meer as 30 verskillende bedpret posisies)
- Plek van die dag (ons help jou om met ander oë na jou wasmasjien te kyk…)
- Seksuele blapse om te vermy.
Elke week ontvang jy:
- 2 “date night” idees waarvan jy daardie week kan kies.
- 2 pret en plesier speletjies waarvan jy daardie week kan kies.
Addisionele bonusse:
- Daar gaan ook spesiale aanbiedinge deur die maand wees, wat NET vir deelnemers aan die LOU tot LEKKER uitdaging gaan geld.
- Daar is ook weekliks ‘n geleentheid om anonieme vrae vir ons huweliksberader te vra…
- Dit alles teen slegs R149 (per paartjie) vir die hele uitdaging!
KLIEK HIER om jou pakket aan te koop.
Wat sê paartjies wat Julie maand se uitdaging gedoen het? Hier is ‘n paar briefies wat ons ontvang het!
- Ons het elke oomblik van die uitdaging geniet. Alhoewel ons nie daagliks kon bybly nie het ons liefdesvlammetjie vir seker een reuse “spark” gekry die afgelope 30 dae! Dit was soveel pret!! Dankie vir elkeen van julle!! Xx
- Ons het die maand van Lou to Lekker baie geniet. Julle het baie interessante voorstelle gegee oor date nights en allerhande dingetjies oor hoe en waar om dit te doen. Party is uitdagend en wel interessant. Ons huwelik is baie sterk, maar hierdie maand het ons nuwe insig gegee om meer aandag aan mekaar te gee en ook net meer aan mekaar te raak. Ons was Donderdag 4 Augustus 43 jaar getroud en al is jou huwelik “safe”, hierdie help om mekaar op ‘n ander manier net liewer vir mekaar te maak Dankie vir julle dit was ‘n awesome maand in ons lewe.
- Die 30 dae was n insprasie. Die idees kan jy enige tyd uittoets wanneer julle kan, dis nie net vir 30 dae nie.
- Dit was wonderlik om al die idees te ontvang. Kon nie alles in die tyd te probeer nie, maar sal voort gaan tot deur alles gewerk het.
- Ek dink die funksie van die anonieme posts was oulik, dink ons kon altyd iets leer uit ander se vrae.
- Ek en my man is al amper 30 jaar getroud, na 4 kinders en bedrywige beroepe het ons nie genoeg tyd saam deurgebring of genoeg tyd gemaak vir mekaar nie. Ons het die 30 dae baie geniet al kan ons nie op ons ouderdom byhou met alles elke dag nie🤣, sal ons met tyd daaraan werk. Ons kon rerig nie wag om elke dag se uitdaging te kry nie, dit was baie opwindend en het ons huwelik goed gedoen. Ons sal baie graag September weer wil doen.t was n belewenis, ‘n awesome joyride. Ek ek my man het dit vreeslik geniet. Hy is 52 en ek 51 en dit het wondere verrig vir ons sekslewe. Oud maar nog nie koud sê hulle mos. Ons probeer en geniet dit verskriklik. Groete en kan nie wag vir September nie.
- Dit was vir ons baie lekker en het beslis ‘n reuse verandering in ons huwelik gebring. Ons huwelik het sommer van die eerste week af al anders begin voel. Ons is beslis nader aan mekaar as wat ons voorheen was, amper soos net na ons troue. Sal dit beslis aanbeveel.
- Dit het defnitief mens so baie idees gegee en ook om uit die boks te dink en nie vas gevang te bly in die oud of die manier hoe dinge nog altyd gedoen word nie. Ook besef hoe maklik mens mensself en mekaar nalaat. Dankie dat die Lou nou weer Warm kan wees!!
- Ek en my man het dit vreeslik geniet, dit het vir seker ons huwelik van lou na warm en lekker gevat ! Ons kon nie wag vir elke dag se wenke nie… Van dit moes ons maar eers bietjie net hou vir later, want ons het kids maar sal verseker imprevise en dit wel eendag try. My man het my gereeld gevra “wat sê hulle”, so hy het dit net so geniet. Dankie ons doen dit enige tyd weer want dis goud werd om so te bele in jou huwelik!
- Ek en my man het die challenge baie geniet. Ons was gelukkig om ‘n week gedurende die vakansie sonder kinders te geniet… en TOE het ons die challenge ook aangegryp! Wat n week… soveel moontlikhede, soveel opgewondenheid, soveel LUS was daar lanklaas!! Dit was wonderlik om weer mekaar se lywe, voorkeure en afkeure te ontdek! Dit het ons huwelik op n hoogte punt geplaas nadat ons altwee begin dink het…. Genade… is dit nou dit… boring, eentonig. NEE!! Dit hoef nie TE wees nie!
- Dit was nou regtig baie lekker gewees! Baie dankie aan julle oorspronklikheid en die moeite wat julle gedoen het. As daar weer so iets is sal ek dit beslis weer doen!
- Die kursus was ‘n reuse sukses vir ons gewees. Na 3 kinders kan mens vergeet hoe belangrik dit is om die intieme deel van ‘n huwelik aan die gang te hou asook om dit pret te hou. Dit het weer daai vlammetjie wakker gemaak in ‘n vuur. Ons, veral my man, is baie dankbaar dat ons ingekryf het.
- Dit het beslis ons 20 jaar huwelik ‘n hupstoot van verlief gegee! Ons het elke ‘takie’ gesave en sal dit nou ‘n instelling maak om vir mekaar tyd te maak! Dankie Intiem, ons kyk weer met meer ‘geduldige’ oë na mekaar!
- Ek en my man het albei die groep gejoin, ek is nie seker of hy dit regtig gevolg het nie, maar ek het so dan en wan iets genoem dan het hy sy ore gespits. Ons is al 20 jaar getroud en het nog altyd ‘n redelike goeie seks lewe gehad, veral die laaste jaar was regtig besonders en ons het baie nader aan mekaar gegroei, seker omdat die kinders mens nie meer so baie drein nie, omdat hul grooter is en ons dalk begin besef het dat hulle ons nie meer so erg nodig het soos altyd nie en dus het ons al hoe meer op mekaar begin fokus. Die groep het my beslis ‘n paar vars idees gegee, ons het die sweetie pie getoets en baie lekker gelag. Vir my was die insiggewendste die blapse, alhoewel ons al baie dingetjies onwetend uitsorteer het oor die jare was daar nogtans dinge wat my verras het en laat dink het. Posisies is altyd opwindend alhoewel als nie altyd vir almal werk nie agv lengte en gemak en ouderdom en skete, maar dit verhoed mens nie om te probeer en as ons nie lekker gemaklik raak nie net oor te gaan na dit wat bekend is en steeds ‘n geweldige goeie ervaring te hê. Dit gaan oor pret, lag en emosionele konneksie en hoe ons op die einde daar kom maak regtig nie vreeslik saak nie. Ek sou graag ‘n paar plekke wou probeer maar dit is nog moeilik met kinders in die rondte, hulle is veels te nuuskierig maar vir komende jare en dalk ‘n wegglip naweek het ek ‘n hele paar idees ryker geword. Dankie Intiem, ek gaan julle posts regtig mis, dit was lekker om daagliks so bietjie aan die dink te raak.
- Wow!!! Wat ‘n fabulous manier om weer die vuur aan te blaas in ons huwelik. Soveel nuwe idees en tips, dit gaan ons heeljaar besig hou. Ons is baie dankbaar dat ons kon deel wees van hierdie geleentheid, en sal dit vir almal aanbeveel. Want huwelike maak baie saak. En regtig, dankie uit ons harte, dit was freaking fantastic! Ons is al 22 jaar getroud en het nou eers ‘n paar dinge geleer wat ons nooit geweet het nie.