Sewe weke. Julle twee. ’n Sterker, lekkerder huwelik. ❤️

Ons weet ons moet tyd maak vir date night. Ons weet ons moet moeite doen met ons huwelik.
Maar soms voel dit amper onmoontlik.

Teen die aand val julle om van moegheid. Die kinders, werk, admin en die gewone lewe het alles gevat wat julle gehad het.

En selfs wanneer julle wél tyd kry… wat doen mens anders?

Hoe kom julle weer régtig by mekaar uit?
Hoe kom julle terug by daardie plek waar julle lekker gesels, mekaar geniet, in die kombuis wil dans en met ’n draairoomys in die hand vir mekaar lag?

En dan is daar dalk ’n paar dinge wat krap.

Niks noodwendig dramaties nie. Net daardie goedjies wat julle al lank saam met julle dra. Soms leer ons eenvoudig om daarmee saam te leef. Ons hoop dit sal vanself beter word. Dat die ding homself tog later sal uitsorteer.

Dan, dink ons, gaan ons weer lekker gesels. Meer intiem wees. Meer lag. Die lewe saam meer geniet.

Maar hoe kom ’n mens daar?

As iemand vir jou kon sê: Doen dít. Begin hier. Probeer hierdie. Praat só hieroor…

Sou jy?

Ons sou.

Nico en ek is nou 31 jaar getroud.

Ons ken die wonderlike seisoene van die huwelik — die avonture, die lag, die tye wanneer dit sommer net heerlik is om saam te wees.

Maar ons ken ook die valleie.

En ons ken daardie ongelooflik besige seisoene waarin die lewe so vol raak dat ’n mens amper ongemerk langs mekaar begin verby leef.

Deur ons eie huwelik, én deur jare se werk saam met INTIEM en Marriage Capsule, het ons onskatbare inligting, waarhede en praktiese hulpmiddels versamel oor hoe ’n mens ’n huwelik bou, geniet en sterk maak — en hoe julle saam diep gewortel kan wees in die Here.

Dit is kosbaarhede wat ons vandag ook aan ons eie kinders oordra.

En ons het dit alles vasgevang in Marriage Capsule.

Dink aan ’n kapsule wat alles bevat wat jy nodig het.

Dít is Marriage Capsule.

Ons uitnodiging aan jou vandag is eenvoudig: Draai vir sewe weke weer doelbewus na mekaar.

Marriage Capsule wil jou help om:

Mekaar beter te verstaan. Beter te praat. Weer pret te hê. Intimiteit te verdiep. Die dinge wat krap aan te spreek. En nuwe gewoontes te vestig wat julle huwelik lank ná hierdie sewe weke sterker kan maak.

HUWELIKSWEEK-SPESIALE AANBOD

MARRIAGE CAPSULE

SLEGS R249 (die gewone prys is VER oor die R1000… om sommer nou die Wiskunde maklik te maak vir jou!)

Die aanbod is slegs geldig van 1–11 September.

[JA, ONS IS IN — KRY MARRIAGE CAPSULE VIR R249]

Marriage Capsule is ’n volledige aanlyn kursus en julle kry onmiddellik toegang sodra julle aansluit.

En die beste van alles?

Julle toegang verval nie.

Die kursus bly julle s’n om weer na terug te gaan, weer te kyk, weer te onthou en weer iets nuuts te leer wanneer julle huwelik dit nodig het.

Wat gaan julle in die 7 vlakke ontdek?

VLAK 1 — Alles wat hulle jou lankal oor die huwelik moes vertel het

  • Ons begin by die fondasie.
  • Ons kyk na verwagtinge — dié dinge wat ons soms stil-stil van ons huweliksmaat verwag sonder dat hulle eers weet daarvan.
  • Ons ontbloot ’n paar mites wat baie van ons glo en wat ’n huwelik onnodig moeilik kan maak.
  • Ons kyk na God se formule vir die huwelik, en julle kry ’n praktiese metode om ’n visie vir julle eie huwelik te bepaal. Wat wil julle hê moet waar wees van júlle twee? Waarheen is julle op pad?
  • Hierdie vlak is propvol van die beste praktiese huwelikswenke wat ons oor die jare versamel het.

VLAK 2 — LOFS: Is jy ’n Ocean, Fountain, Lake of Snow?

  • Hierdie vlak is altyd ’n hoogtepunt! Julle ontdek julle LOFS-temperamente.
  • Is jy ’n Ocean, Fountain, Lake of Snow?
  • En wat is jou tweede temperament?
  • Wanneer julle dit ontdek, gaan daar waarskynlik ’n hele paar oomblikke wees waar julle na mekaar kyk en sê:
  • “Aaaaah! Nou maak dit sin!” 😂
  • Hoekom is hy stil wanneer hy ná werk by die huis kom?
  • Hoekom het sy soveel detail nodig?
  • Hoekom neem hy so maklik ’n besluit terwyl jy nog alles wil deurpraat?
  • Hoekom is sy so ongelooflik goed met mense?
  • Hoekom hanteer julle konflik, geld, mense, besluite en selfs ontspanning verskillend?
  • Hierdie kennis kan die manier waarop julle na mekaar kyk, verander.
  • Want wanneer jy verstaan waarom jou maat anders as jy dink en optree, raak dit baie makliker om mekaar nie verkeerd te lees nie.

VLAK 3 — Vir die dames: Die geheim na jou man se hart

  • Dames, hierdie een is vir ons.
  • Wat het jou man werklik van jou nodig? En nee… ons praat nie net van kos en intimiteit nie. 😉
  • Daar is iets diep in ’n man se hart wat ’n vrou ongelooflik maklik kan miskyk — juis omdat óns behoeftes anders werk. Wanneer jy dit verstaan, begin jy jou man met ander oë sien.
  • En jy ontdek hoe ongelooflik groot jou invloed in sy lewe kan wees.

VLAK 4 — Vir die manne: Word weer haar ridder

  • Manne, as jy die ridder op die wit perd wil wees, is hierdie jou padkaart na jou vrou se hart.
  • Wat het sy werklik nodig?  Wat laat haar veilig voel? Wat laat haar geliefd voel? Wat laat haar blom?
  • Jy het meer invloed as wat jy dalk besef.
  • Ons wys jou prakties hoe jy jou vrou kan liefhê en ondersteun sodat sy al hoe meer kan word wie God haar geskep het om te wees.

VLAK 5 — Kommunikasie: Praat sodat julle mekaar weer hoor

  • Hier begin ons met die goed waaroor julle soms eerder nié wil praat nie. 😄
  • Ons gee vir julle praktiese gereedskap om deur probleme te praat sonder dat elke gesprek in dieselfde argument eindig.
  • Hoe luister mens regtig? Hoe sê jy wat jy nodig het sonder om aan te val? Hoe hanteer julle konflik? Hoe kom julle by die eintlike probleem uit?
  • Ons wil hê julle moet weer lekker kan gesels. Nie net oor die kinders, die werk, die huis en wie môre melk moet koop nie. Daardie laatnag-gesels. Daardie “weet jy wat dink ek?”-gesprekke.
  • Daardie gevoel van: Jy ken my. Jy hoor my. Jy is my mens.

VLAK 6 — Lank leef die passie 🔥

  • Ja. Ons gaan tussen die lakens. Want intimiteit is nie ’n ekstra in ’n huwelik nie.
  • Ons gaan praat oor passie, begeerte, intimiteit en wat oor die jare met die vlam gebeur. En dan gaan ons kyk hoe julle dit weer kan vind.
  • Hoe julle die vlamme weer kan aanblaas. Hoe julle mekaar weer kan ontdek.
  • En hoe julle nuwe hoogtepunte kan bereik… letterlik én figuurlik. 😉

VLAK 7 — Maak dit julle nuwe leefstyl

  • Nou trek ons alles bymekaar.
  • Want ons wil nie hê julle moet ná sewe weke sê: “Dit was ’n lekker kursus.”
  • Ons wil hê iets van wat julle geleer en beleef het, moet deel word van hoe julle getroud is.
  • Julle vestig nuwe gewoontes en ’n nuwe ritme vir julle huwelik — sodat julle kan aanhou bou lank nadat die 7-Weke Uitdaging verby is.

En julle is beslis nie die eerste paartjie wat Marriage Capsule aanpak nie…

Duisende paartjies het reeds Marriage Capsule gedoen en vertel van groei, nuwe insig, nuwe hoop en nuwe lewe in hulle huwelike.

“Marriage Capsule changed my marriage.”

“More love and respect for each other.”

“Het baie geleer, gelag en alles wat bietjie afgeskeep was, ná 21 jaar se getroude lewe, weer laat vlam vat. Dankie vir ’n ongelooflike kursus.”

“We are grateful for this course. We have learnt an amazing amount about each other. We feel that we have been given extremely rare tools to use in the evolution of our marriage. We cannot wait for the journey ahead.”

En hierdie paartjie se storie herinner ons waarom dit die moeite werd is om vir ’n huwelik te veg:

“After 25 years of marriage we went through a very dark time in our marriage… we separated and ultimately got divorced. Through God’s grace we found our way back to each other. After we decided to get back together to work on our relationship and put each other first, we knew we would never be able to do this alone… this is where Marriage Capsule came in. We signed up and, without a doubt, this was the BEST decision we could have ever made!”

R249. Sewe weke. Julle twee.

Teen Desember hoop ons julle heuningpot is weer propvol.

Meer verstaan. Meer gesels. Meer intimiteit. Meer lag. Meer “kom ons gaan eet ’n draairoomys.” Meer dans in die kombuis.

En sommer net daardie lekkerte om weer bymekaar te wees en te weet:

Jy is my mens. Ons is ’n span. En hierdie ding wat ons het, is kosbaar.

’n Sterk huwelik gebeur nie vanself nie.

Maar om daaraan te bou, hoef ook nie ingewikkeld te wees nie.

Belê R249 in julle huwelik.

Nie net die winskoop van die jaar nie…. maar dalk die beste R249 wat julle hierdie jaar op júlle twee spandeer.

Kom doen die 7-Weke Marriage Capsule-Uitdaging ❤️

[JA, ONS IS IN — KRY MARRIAGE CAPSULE VIR R249]

*Spesiale aanbod geldig tot en met 11 September 2026.