Vra enige Eva en sy sal saamstem dat nie een dag dieselfde is nie. Moods is deel van ons raamwerk. En ons buie is soos die Kaapse weer . . . dit verander soos die wind waai. Gelukkig hoef seks ook nooit dieselfde te wees nie.

Daar is dae wat jy voel asof jy die wêreld kan verower – en dae wat jy in ’n gat wil kruip. Daar is dae wat jou rokkie nét reg sit – en dae wat jou hare net wil plat lê! Daar is dae wat jy soos ’n vampier voel en ander dae soos ’n babakatjie. Omdat vroue ’n spesie is met menige moods, het ons gaan ondersoek instel oor seks-moves wat by elkeen van daardie buie pas. Hier is tien van hulle!

  1. Wanneer jy . . . lui voel.

Die weer is miskien grou en al wat jy wil doen, is om met ’n boek onder ’n duvet in te kruip. Maar manlief het ander gedagtes en as hy nie pannekoek kan kry nie, wil hy minstens ’n bietjie suiker tussen die lakens hê!

DOEN DIT SO: As julle hou van seks in die sendeling-posisie, is dit nou die perfekte tyd hiervoor – jy lê terug en geniet die rit. As julle iets meer opwindend wil doen, lê op die bed met jou kop by die voetenent en doen dit sendeling-styl. Sodra julle albei na aan ’n orgasme is, leun terug oor die rand van die bed sodat jou kop, skouers en arms afwaarts hang terwyl hy voortgaan waarmee hy besig is! Onderstebo-genot!

  1. Wanneer jy . . . skaam is

Ons almal kry daardie dae wat ons boude soos uitgeryste brode voel. Jy sien nie juis kans vir seks nie, want superhot is nou nie hoe jy jouself op hierdie oomblik sal beskryf nie!

DOEN DIT SO: Beproef halfkaal seks! Hou jou rok aan, trek jou broekie eenkant toe en trek hom nader met sy broek op sy enkels. Dit voel dringend en gelaai – maar jy hoef nie jou naakte glorie ten toon te stel nie . . .

  1. Wanneer jy . . . stout voel!

Net soos die dae in nommer 2, kry jy ook daardie dae wat jy voel jy kan Rihanna en Shakira ’n ding of twee wys as dit kom by tierkat speel.

DOEN DIT SO: Inisieer seks. Jy kan begin deur speels met manlief te begin stoei en al jou sexy liggaamsdele verleidelik teen hom te vryf. Wanneer julle albei gereed is vir meer, laat hom op ’n stoel sit en gaan sit wydsbeen bo-oor hom. Begin eers só dat net die punt van sy penis jou penetreer en sak dan al laer af tot jy bo-op sy skoot sit. Nóú kan jy vir hom ’n skootdans gee – wees net super-versigtig dat jy nie sy kosbaarste vriend beseer nie!

4. Wanneer jy . . . gefrustreerd is

Dit is nou op daardie dae wanneer iemand by die werk jou bloeddruk opgejaag het, maar jy op jou tong moes byt. Jy is kwaad en super-gefrustreerd.

DOEN DIT SO: Klim saam met manlief in die stort. Draai na hom toe, hou aan hom vas en draai dan een van jou bene om sy middel, waarna hy jou kan penetreer. Slaan jou vingernaels in sy rug en knibbel aan sy nek . . . maar hou dit matig – onthou, jy is nie vir hóm kwaad nie.

  1. Wanneer jy . . . mooi voel

Jou hare blink en jou vel lyk goed. Jy wil nie hierdie kans laat verbygaan om vir manlief te wys met watter catch hy nou eintlik getrou het nie . . .

DOEN DIT SO: Laat hom op sy rug lê en gaan sit bo-op hom “woman on top style”. Wanneer hy jou gepenetreer het, leun terug (nie te ver nie) sodat jou elmboë agter jou is. Só gee jy hom ’n onversteurde uitsig oor jou maag, heupe en borste wat alles uitstekend lyk in dié posisie.

  1. Wanneer jy . . . stres!

Dit was ’n taai dag en jy weet môre gaan nóg taaier wees. Jy wens jy kon net ’n hoofpynpil sluk en twee dae aanmekaar slaap, maar los die pille! Want jy kan jou stres takel met seks.

DOEN DIT SO: Tap vir julle ’n warm bad en sit tussen sy bene, met jou rug teen sy bors. Jy kan stadige bewegings teen sy rug maak (moet jou nie steur aan die golwe wat oor die bad se rand spoel nie) terwyl hy maklike toegang met sy hande het tot jou intiemste dele.

  1. Wanneer jy . . . dapper is!

Jy is op ’n goeie plek met jou werk, jou lewe, jou verhoudings en jy het jou doelgewig bereik. Jy voel soos ’n ystervrou en jy is seker dat diegene wat sê gelyktydige orgasmes is ’n uitdaging, nog nie vir jou ontmoet het nie . . .

DOEN DIT SO: Vanaand is nommer 69 die ding vir jou! Lê op jul sye en neem jul tyd.

  1. Wanneer jy . . . verveeld is

Julle lewens het ’n bietjie saai geword en die grootste opwinding van die dag was toe Kolle gereageer het op die “sit”-opdrag.

DOEN DIT SO: Niks is so ’n groot turn-on soos ’n hart wat vinnig klop nie, so bring ’n bietjie opwinding in jul lewens, al is dit om in die parkie te gaan hardloop of in die tuin te kamp. Deur iets ongewoon te doen, word dopamien in jou brein vrygestel – wat goed is vir jou libido. En wat is beter om jou hart vinniger te laat klop as seks teen ’n boom in die parkie of onder die sterre . . .

9. Wanneer jy . . . romanties voel

Die kinders slaap uit en jy en manlief het lanklaas iets anders as ’n quickie in die badkamer reggekry. Jy wil met hom konnekteer en jy soek die stuff waarvan Hollywood-flieks gemaak word . . .

DOEN DIT SO: Pas sendeling-styl so ’n bietjie aan. Vra manlief om ’n bietjie hoër (verby jou kop) te beweeg en sy arms aan weerskante van jou skouers te plaas met sy lyf plat teen joune. Beweeg met jou bekken ook effens na bo. Jou man moet nou afwaarts druk sodat julle teen mekaar weerstand bied en in plaas van gewone thrusting, beweeg julle op en af. Met dié posisie kan julle mekaar in die oë kyk vir ’n romantiese, erotiese ervaring.

  1. Wanneer jy . . . rustig voel

Julle het die luuksheid van ’n hele Saterdag se niksdoen. Jy beplan om ’n bietjie te lees en so tussendeur ook ’n bietjie te vry . . .

DOEN DIT SO: Beproef ’n mellow posisie vir stadige seks. Hiervoor moet julle albei op jul sye lê, met hom agter jou sodat julle in dieselfde rigting kyk. Druk jou agterstewe na hom toe soos wat hy jou penetreer en wys hom met jou hand op syne hoe jy jou klitoris aangeraak wil hê. Hy kan dit afwissel deur jou borste te stimuleer.

Daar het jy dit! Natuurlik het ons Evas meer as tien buie, maar dié tien behoort jou te inspireer tot aksie vir die ander 290!

 

Deur Annelize Steyn

Addisionele bronne: www.cosmopolitan.com, www.goodtoknow.co.uk, www.idiva.com.