In ’n tyd waar huwelike onder toenemende druk is, verklaar SA Huweliksweek 2025 met durf dat liefde steeds Onbreekbaar kan wees.

Van 1–7 September is dit weer SA Huweliksweek, onder leiding van Focus on the Family Africa, en daar word ‘n beroep gedoen op Suid-Afrikaners om hulle huwelike te versterk en te vier deur praktiese ondersteuning, inspirerende stories en Bybelse waarhede.

Vanjaar se tema, “Onbreekbaar”, is ’n kragtige herinnering dat wanneer liefde gegrond is in geloof, toewyding en genade, dit selfs die moeilikste seisoene kan deurstaan – en sterker anderkant kan uitkom.

Waarna jy kan uitsien:

• Onbreekbaar: Afspraak-idees om julle huwelik ‘n hupstoot te gee en intimiteit te herontdek
• ’n Splinternuwe videoreeks oor die algemeenste huweliksuitdagings
• Hoe julle gemeente en gemeenskap betrokke kan raak
• Daaglikse inspirasie en  hulpmiddels

Kom ons staan saam en vier huwelike wat volhard. Kom ontdek wat dit beteken om mekaar telkens opnuut te kies – en om ’n liefde te bou wat werklik Onbreekbaar is.

Word deel van SA Huweliksweek by: samarriageweek.co.za

Met groot dank aan: Focus on the Family Africa