Dink aan soet geure, die ritme van die samba en ’n roesemoes van kleur en kreatiwiteit wat jou wildste fantasieë oortref . . . en skep ‘n Rio-aand in jou eie huis! Dit verg dalk toewyding – maar toewyding is waarvan gelukkige huwelike gemaak word.
Brasilië is ’n warm, ryk land vol ongelooflike landskappe (van reënwoude tot strande) en is die grootste land in Suid-Amerika, met verskeie groepe eilande in die Atlantiese Oseaan. Hier vergaan jy maklik van die hitte met temperature wat bó 40 grade Celcius styg. In Rio de Janeiro lok die Rio-karnaval toeriste van heinde en verre vir die grootste populêre partytjie ter wêreld waartydens samba-skole deurnag voor ’n ewe energieke gehoor meeding. Dit het ’n fees van ritme, kleur en klank tot gevolg! Rio is nie net bekend vir sy asemrowende natuurskoon nie, maar ook vir die skoonheid van sy inwoners. Daar is ’n aansteeklike vreugde en lighartigheid wat verder strek as die uiterlike (en armoedigheid) en in Rio is dit bykans heeltyd speeltyd! Voeg die warmbloedigheid, hitte, passie en kleur by die romantiese en onvoorspelbare reënwoude, die strande en die sexy musiek – en jy het ’n resep vir ’n onvergeetlike ervaring.
Wat eet aanbetref, is die pas heel rustig. Etenstye is daar vir gehaltetyd saam met geliefdes en word nooit afgejaag nie.
Rio Karnaval Spyskaart
Espadinas
Feijoada
Braziliaanse Rys
Braziliaanse Lemoenslaai
Tamatie Slaai
Drankie voorstel: Riesling of Sauvignon Blanc
Só berei jy voor vir jou Rio-ete:
Van hier af spreek ons julle aan as Gato (aantreklike man) en Gostosa (pragtige vrou).
Trek só aan:
In Rio is die wagwoord gemak! Skoene is altyd stylvol, skoon en netjies en ’n manikuur is ’n móét – selfs vir die manne! Terwyl hulle allerlei soorte naellak aan hul vingernaels wend, bly hul toonnaels neutraal of met ’n Franse manikuur. Brasiliaanse vroue trek gemaklik, maar sexy aan. Vermy formele, konserwatiewe klere! Dra helder kleure, patrone en dramatiese snitte met goeie statement! Hier is dit niks snaaks om oumas in minirompies te sien nie, maar een belangrike reël geld: Lyk asof jy moeite gedoen het! En kry ’n fake tan! Vanaand is jy allermins skaam vir jou lyf . . .
Gato: As jy iewers ’n diskobal geleen kan kry, doen dit! Vanaand hou julle partytjie in jul eie slaapkamer. Gaan kry ook ’n bottel pepermentlikeur by jou naaste drankwinkel.
Gostosa: Gaan vir ’n manikuur en ’n Brasiliaanse waks. Kry ook vir jou ’n Brasiliaanse deurtrekkertjie en kyk na wat jy alles in jou huis het in helder kleure om ’n kleurinspuiting aan jul slaapkamer te gee. O ja, en kry ’n regte inspuiting by jou naaste apteek.
Dekor-idees:
• Lekker, ritmiese sambamusiek is ’n móét (draai die volume hard vir ’n partytjie-gevoel).
• Gebruik bont, lewendige kleure.
• Moenie dat die karnavaltema jou kreatiwiteit beperk nie – onthou ook die reënwoude en gebruik items soos bamboes, riet, klippe en eksotiese blomme.
• Plaas ’n groot bord vrugte op die tafel – daar is soveel hiervan op die Brasiliaanse platteland.
• Gebruik veelkleurige servette.
Beplanning:
Maak die resepte in die volgorde waarin dit gepubliseer is.
Etiket-wenk! Brasilianers was altyd hul hande voor ete en raak bykans nooit aan hul kos nie.
Hier volg jou resepte:
Espadinhas (maak 10)
125g Botter
625ml Meel
5ml Sout
3 Eiergele
60ml Karringmelk
Vulsel:
130ml Botter
15ml Olie
4 Stukke spekvleis, gesny in klein blokkies
1 Ui, fyngekap
15ml Suiker
1 Blik palm-hartstukke, gewas met kraanwater, gedreineer en gekap
15ml Meel
250ml Melk
12 Swart Kalamata-olywe, ontpit en gekap
125ml Gekrummelde fetakaas
Só maak ’n mens:
Gostosa, smelt die botter en laat effens afkoel. Plaas intussen die meel en sout in ’n mediumgrootte mengbak en meng die botter liggies met ’n tafelmes in.
Gato, meng die eiergele en karringmelk. Meng dit dan by die meelmengsel tot alles mooi bymekaar kom. Moenie nou verwoedelik begin knie nie, maak net seker die deeg is mooi bymekaar. Plaas deeg terug in mengbak en bedek bak met kleefplastiek. Laat die deeg rus vir 30 minute.
Gostosa, jy kan intussen die botter saam met die olie in ’n braaipan oor matige hitte smelt, braai die uie en suiker tot amper goudbruin en deurskynend, voeg nou die spek by. So ook die palmharte en braai vir nog ’n paar minute.
Roer die meel in en dan die melk, verminder die hitte effens. Kook totdat mengsel begin verdik en roer gereeld. Verwyder nou van die hitte en roer die olywe in, roer ook die fetakaas by en hou eenkant om effens af te koel.
Gato kan solank die oond aanskakel om te voorverhit tot 180°C.
Verdeel die deeg in 12 stukke, rol 10 van die 12 stukke uit op ’n skoon en meelbestrooide werksoppervlak sodat dit in ’n kolwyntjiepan se houers kan pas, die bodem en die kante.
Gostosa, spuit tien gaatjies van die pan met kleefwerende kossproei en vul met die deeg.
Rol die twee oorblywende stukke deeg uit en sny ronde deksels wat sal pas bo-op die kolwyntjiepan. Gebruik ’n koppie of ronde koekiedrukker.
Verdeel nou die vulsel tussen die tien bakkies en seël met die deegdeksels. Maak seker hulle is goed geseël deur die deeg te knyp langs die kante sodat die vulsel nie sal uitloop nie.
Bak vir 25-30 minute of totdat dit goudbruin is.
Feijoada (bedien 2-4)
’n Nasionale dis van swartbone en vark. Hierdie is nie ’n gekompliseerde dis om te maak nie, maar dit neem lank. Dit mag dalk ’n paar Brasilianers ’n mini-hartaanval gee, maar is nog steeds baie lekker en gaan jou nie ’n dag en ‘n half neem om te maak nie – daar is immers belangriker dinge op die agenda.
30ml Olie
250g Varkwors gesny in klein blokkies (Spaanse of Portugese chorizo-worsies werk baie lekker hier. As jy hou van spicy, koop die worsie wat gebind is met ’n rooi toutjie, anders is die wors met ’n wit toutjie wors reg, dis nie so warm nie.)
250g Vark-lendeskyf of kruisskyf, opgesny in blokkies
125g Spekvleis, opgesny in blokkies
60ml Water of vleisaftreksel
1 Blik swartbone
15ml Olie
Sout en varsgemaalde swartpeper
1 Medium ui, fyn gekap
1 Knoffelhuisie, fyn gekap
15ml Gekapte pietersielie
3 Lourierblare
30ml Water
Só maak ’n mens:
Gostosa, plaas ’n mediumgrootte kastrol oor matige hitte, verhit die olie in die kastrol en braai die ui tot deurskynend. Voeg die knoffel by en braai vir nog ’n minuut.
Dreineer die swartbone en spoel af met kraanwater, gooi in die pot saam met die uie en knoffel, pietersielie en lourierblare. Voeg die 60ml water of vleisaftreksel by.
Hou op lae hitte vir 15 minute en roer af en toe.
Gato, verhit ’n braaipan oor medium tot hoë hitte, helfte van die olie in die pan en braai die chorizo-worsies en spekvleis tot effens gekleur. Moet dit nie te droog braai nie, gooi by jou bonemengsel.
In dieselfde pan, oor medium tot hoë hitte, gooi die res van die olie in en braai die varkvleisblokkies tot dit lekker kleur het. Geur met sout en peper soos jy die vleis braai. Gooi die vleis by jou bonemengsel.
Gooi nou die water in die warm pan en hou die pan oor die hitte, neem ’n spaan en maak seker jy krap die pan skoon vir al die lekker geur wat nog daarin vassit.
Jy sal sien die water reduseer redelik vinnig, gooi die gegeurde water by die bonemengsel, meng alles goed en kook die mengsel 15-20 minute op medium tot lae hitte.
Laat vroulief gou proe of daar nog sout en peper nodig is. Onthou om af en toe te roer, want die bone brand nogal maklik op die bodem vas. Bedien saam met rys en lemoenslaai.
Brasiliaanse rys (bedien 4)
15ml Botter
15ml Olie
1 Ui, gekap
1 Knoffelhuisie, gekap
2 Tamaties, in blokkies gesny
2,5ml Sout
250ml Water
125ml Rys
Só maak ’n mens:
Gostosa, was die rys so twee of drie keer met kraanwater.
Plaas ’n mediumgrootte kastrol oor matige hitte en voeg die botter en olie daarin. Braai die uie tot deurskynend en gooi nou die knoffel by en braai vir 2 minute. Voeg nou die blokkies tamatie by en hou nog op die hitte vir 2-3 minute.
Gooi nou die water en sout by, sit die deksel van die kastrol op en bring tot kookpunt. Sodra die water kook, voeg die rys by, sit deksel weer op, draai hitte af en prut vir 15 minute.
Na 15 minute, skakel die hitte af. Los die deksel op die kastrol en los om te stoom vir 5 minute of meer.
Vlok die rys met ’n vurk en bedien.
Brasiliaanse lemoenslaai (bedien 2)
2 Lemoene
2,5ml Suiker
Sout en varsgemaalde swartpeper
Só maak ’n mens:
Gato, skil die lemoene en onthou ook om die wit pulp af te sny. Sny dan die lemoene in dun skywe en rangskik op ’n mooi ronde bord.
Besprinkel die skywe met suiker, sout en varsgemaalde swartpeper. Bedek met kleefplastiek en verkoel voor bediening.
En vir nagereg . . .
Brasiliaanse vroue kan só aggressief wees wat romanse betref dat dit grens aan teistering! In hierdie land neem vroue maklik die leiding en dis niks snaaks vir ’n vrou om ’n man vir sy telefoonnommer te vra nie (selfs al is hy saam met sy vrou of meisie!). Daar is egter ’n sterk fokus op die gesin en daar word gesê die hoofrede waarom die skeisyfer in Brasilië slegs 20% van die skeisyfer in Amerika is, is vanweë die ondersteuning van uitgebreide familie. Maar een ding is seker – Brasilië is vol supersexy mense! Dit is ’n land wat supermodelle oplewer asof hulle uit ’n fabriek uit kom. Natuurlik is daar ook ’n baie sexy houding met dié dat Brasilië die geboorteplek is van die Brasiliaanse waks (eina!) en die Brasiliaanse deurtrekker (ons weet nie watter een was eerste nie – die hoender of die eier!). In die woorde van dr Marty Klein, ’n huweliks-, gesins- en seksterapeut, is seks deel van die Brasilianers se DNA. “Nie die mans of die vroue voel onder druk om ’n laer belangstelling in seks na te maak as wat hulle regtig het nie. Dit maak die mense deksels aantreklik!” Onthou ook dat dit die land van musiek en dans is. Vroue beweeg hul lywe en dans met hul skouers, nekke, heupe en voete. Die danse ooze seks! En die mense vier die wonder van die lyf! Wye heupe en dye is simbole van fertiliteit.
Nóú verdien julle poeding!
1. As julle in die bed geëet het, maak gou skoon, want julle gaan die bed nou vir ander dinge gebruik.
2. Gaan kry ’n koppie warm koffie en ’n glas pepermentlikeur in die kombuis.
3. Trek julle klere uit en hou net jou deurtrekkertjie aan.
4. In Brasilië is koffie koning! Vroulief, vra jou Adam om op sy rug te lê met sy oë toe. Vanaand neem jý die leiding.
5. Trek ’n inspuiting (sonder die naald natuurlik) vol goeie, sterk koffie. Spuit die helfte in sy mond en die ander helfte in joune . . . en dít is nou waar jy iets anders met jou mond gaan doen as om te eet! Vanaand gee jy manlief die beste orale seks van sy lewe. Die kontras tussen die vuurwarm koffie en pepermentlikeur veroorsaak verskeie sensasies wat jou man sal laat smeek vir meer!
6. Maar nou is dit jou beurt. Sê hoe jy dit wil hê. Dis immers wat ’n Brazilian beauty sou doen!