Elke huwelik het lekkertes. Daardie dinge wat jou huwelik makliker en beter maak. Maar dan is daar die noodsaaklikhede – daardie goed waarsonder jou huwelik bloot nie kan oorleef nie.

Promosie

Onthou julle die reeks Lost of Survivor? Ons was versot hierop en ek onthou hoe ek en my man – vóór die koms van ons kinders – laatnag marathon-sessies deurgewerk het om te kyk wat volgende met dié oorlewendes (elkeen se lewe natuurlik sepie-materiaal) op die eiland gebeur. Hoe hulle koppe met hulle lol en hulle dít wat hulle tot hul beskikking het, moet gebruik om te oorleef. Op ’n verlate eiland is ’n paar dinge waarsonder jy bloot nie kan klaarkom nie. Daardie toerusting wat jy op talle maniere inspan om jou van een dag tot by die volgende te help kom. Net so werk dit ook in die huwelik.

Redakteur Liezel van der Merwe kuier in die GrootFM studio by Doepie en LiseKris en gesels oor hierdie 10 noodsaaklikhede!

(Kliek op blokkie, Slegs klank, Geen video)

Promosie