Hepatitis is die mediese begrip vir die inflammasie van die lewer. Dit is afkomstig van die Griekse woord “hepar” wat lewer beteken en die Latynse “itis” wat inflammasie beteken. Hepatitis word dikwels gekenmerk deur die swelling (inflammasie), vetselle gedeponeer in die lewer, skade aan die lewerselle, en die abnormale werking van die lewer. Die toestand kan selfbeperkend wees of dit kan ontwikkel na fibrose (letsels), lewer sirrose en dood indien dit geïgnoreer word.
Hoe om die waarskuwingstekens & simptome te identifiseer:
Akute (tydelike of skielike aanvang) hepatitis veroorsaak griepagtige, vae, nie-spesifieke simptome soos:
• Moegheid
• Verlies van eetlus
• Naarheid & braking
• Gewigsverlies & diarree
• Algemene gevoel van onwel wees (malaise_
Soos die lewer meer betrokke raak, kan die volgende gesien word:
• Geel kleur in die vel en oë (geelsig)
• Donker kleurige urine (oranje, barnsteen, of bruin)
• Bleek, klei kleurige stoelgang
• Vergroting van die lewer (hepatomegalie)
• Jeukerige vel (pruritus)
• Maklike kneusing (hematoom)
• Spinnekop aartjies (spinnekop angiomas of nevi)
• Vloeistof wat opbou in die buik area (askites)
• Vloeistof retensie & swelling (edeem), dikwels van die ledemate
• Bloed in jou braking (bloeiende spatare in die slukderm)
Wat veroorsaak Hepatitis?
Algemene oorsake sluit in:
• Dwelmmiddels (bv. Medikasie, alkohol, dwelms en chemikalieë)
• Virusinfeksies (bv. Hepatitis A, B, C, D, en E)
• Nie-alkoholiese vetterige lewersiekte (bv steatohepatitis)
Minder algemene oorsake sluit in:
• Galbuis obstruksie of veneuse uitvloei obstruksie
• Bakteriële (sifilis, TB) en parasitiese infeksie
• Outo-immuun hepatitis
• Vergiftiging of toksines (bv. “death cap” sampioene)
• Abdominale trauma rondom die lewer (bv. operasies)
• Geërfde metaboliese afwykings (bv. koper & yster metabolisme afwykings)
Hoe kry jy Hepatitis?
• Blootstelling deur gekontamineerde kos, water en rioolafval
• Direkte kontak met geïnfekteerde objekte (eetgerei, handvatsels, tafel oppervlaktes)
• Gedeelde naalde, spuite en inspuitings (tatoeëer merke, dwelm spuite, mediese prosedures)
• Kontak met liggaamsvloeistowwe of uitskeidings (bloed, semen, vaginale uitskeiding, borsmelk)
• Kindergeboorte (infeksie wat oorgedra word tussen ma en kind)
Hoë endemiteit areas en hoë risiko groepe?
• Persone wat nie geënt is nie
• Die kwesbare bv. swanger vroue, babas, kinders onder 5jaar, en die bejaardes
• Swak lewenstoestande bv. informele nedersettings, vlugteling kampe, landelike gebiede
• Mobiele populasies, migrante, toeriste wat reis sonder dat hulle geïmmuniseer is
• Seksueel aktiewe persone (onveilige seks of verskeie seksuele maats)
• Gebruikers van ontspanningsdwelms
• Gesondheids-, tronk- en publiekeveiligheidspersoneel wat blootgestel word aan bloed
• Persone met stollingsfaktor afwykings
Wat is Wêreld Hepatitisdag?
Wêreld Hepatitisdag (WHD) vind plaas elke jaar op 28 Julie en dan kom die wêreld saam onder ’n enkele tema om bewustheid te kweek van die globale las van hepatitis en om werklike verandering te veroorsaak. Dit is een van slegs vier globale bewusmaking dae wat spesifiek fokus op ’n siekte en deur die World Health Organization (WHO) ondersteun word. WHD verenig pasiënt organisasies, regerings, mediese personeel, siviele maatskappye, die industrie en die burgerlike samelewing om die globale profiel van hepatitis ’n hupstoot te gee.
Ken hepatitis – tree nou op
1. Ken die feite – Kan jy in gevaar wees?
Enige iemand en almal kan in gevaar wees om hepatitis op te doen as gevolg van die grootte van die globale epidemie (ten minste 10 keer groter as die HIV epidemie). Met beter inligting en kennis oor hepatitis risiko’s kan jy ’n infeksie of infeksie oordrag verhoed.
2. Word getoets
Ongeveer 95% van mense met hepatitis is onbewus van hulle infeksie, gedeeltelik as gevolg van die gebrek aan bewustheid en die gebrek aan toegang tot toetsing fasiliteite in die land. Baie mense besef nie dat hulle met die virus geïnfekteer is nie omdat hulle nie simptome toon nie of die griepagtige simptome word verkeerdelik aangeneem vir ’n ander siekte. Neem positiewe aksie en word getoets om jou status te ken en om te bepaal of jy behandeling benodig.
3. Kry behandeling
Op ’n globale vlak beteken die gebrek aan bewustheid en swak toegang tot behandelingsfasiliteite dat baie mense wat behandeling benodig dit nie ontvang nie. Vroeë identifisering en die toepaslike behandeling kan onnodige komplikasies verminder, asook sterftes wat veroorsaak word deur hierdie voorkombare en behandelbare infeksie.
Die beste offensief is ’n goeie verdediging, maak dus seker dat jy geënt word op die geskeduleerde dae om ten volle beskerm te wees!
The Himalaya Drug Company (Pty) Ltd. | Tel: +27 11-656-4284 | www.himalayawellness.com
Skryf nou in en staan die kans om ‘n Himalaya geskenkpak te wen!
Inskrywings sluit 10 Julie 2017 om middernag.