Omtrent in elke uitgawe van INTIEM word daar gesê dat die vrou haar man moet verlei met allerhande idees, maar wat as jy dit doen en dit nie regkry nie?

Dis vir my as vrou ’n groot vernedering om elke keer te probeer en dit word nie raakgesien of waardeer nie. Ander vroue se bates word raakgesien en oor gekwyl, maar ek probeer en daar gebeur net mooi niks nie. Ek wil só graag sexy wees in my man se oë.

Elmari Mulder-Craig, seksuoloog, huweliksberader en verhoudingskenner, antwoord:

Ek kan jou seer en frustrasie met so ’n situasie heeltemal verstaan. Die negatiewe gevoelens van verwerping en dalk “Ek word nie raakgesien nie”, veroorsaak dikwels dat mens nie meer wil probeer om enigiets te inisieer nie. Daar kan baie redes wees vir jou man se gedrag. Dalk sien hy regtig net nie jou pogings raak nie? Dalk is sy seksdrang laag weens medikasie wat hy gebruik, depressie of ’n lae testosteroonvlak. Vertel hom wat jy probeer doen en veral hoe dit jou laat voel as hy dit ignoreer of nie raaksien nie. Vra hom ook wat hy dink wel vir hom kan werk. As julle nie by oplossings uitkom nie, gaan sien asseblief ’n seksuoloog wat by die HPCSA (Health Professions Council of South Africa) geregistreer is. Sterkte!

Promosie