Jy het bykans elke dieet in die boek probeer. En keer op keer staan jy teleurgesteld oor die resultate… dalk is dit tyd om Slender Wonder ‘n kans te gee…
Desember is om die draai en jou splinternuwe tweestuk het nog sy etikette aan. Jy loer onderlangs daarna: “As ek maar net sterk gestaan het teen die suurlemoen-kaaskoek wat my sussie hier aangedra het. En as ek net nie in Julie my gimnasium-lidmaatskap prysgegee het nie en daardie klein fortuintjie aan ‘n paar draf-tekkies in plaas van ‘n nuwe slow cooker bestee het… dan sou ek nie nou so opgesien het na die eiland-vakansie waarvoor manlief reeds betaal het nie!”
Wat jou lyf nou nodig het, is ‘n wonderwerk. Want dis onmoontlik om jou gewig in ‘n kwessie van twee maande af te skud. Of is dit?
Slender Wonder is ‘n mediese gewigsverliesprogram wat reeds meer as 40 jaar lank bestaan. En terwyl die meeste diëte maan dat jy nie meer as ‘n kilogram per week kan verloor nie, bewys resultate van pasiënte op Slender Wonder die teendeel met gewigsverlies van 4-7 kilogram in die eerste maand!
Natuurlik verloor elkeen gewig teen sy/haar eie pas en sal jou unieke lyf ook bepaal wat jou gewigsverlies sal wees, maar lees jy die getuigskrifte op hul webtuiste, staan jy verstom oor die sukses wat pasiënte behaal!
Aangesien dit ‘n mediese gewigsverliesprogram is, kan dit slegs gedoen word onder toesig van ‘n mediese dokter om toe te sien dat gewigsverlies veilig plaasvind. Onthou, mense wat aan chroniese siektes lei, soos diabetes, hoë bloeddruk ensovoorts, se medikasie moet in die meeste gevalle aangepas word ná gewigsverlies.
Op dié streng dieet-program, word ook toegesien dat jy permanent ontslae raak van die gewig wat jy afgeskud het. Sodra jy die onderhoudsfase bereik, behoort jou leptien-sensitiwiteit herstel wees en dit sal jou help om jou nuwe gewig te behou – mits jy voortgaan met ‘n gesonde leefstyl!
Die program is ontwikkel deur Dr Jan Botha, ‘n Suid-Afrikaanse dokter en het vandag meer as 200 geakrediteerde dokters landwyd. Die program word nie op kalorieë gebasseer nie, maar eerder op ‘n formule wat berus op ‘n lae GI eetplan, Slender Wonder produkte (wat ‘n skommel en aanvullings insluit) en ‘n reeks inspuitings wat help om die liggaam se ongewenste vet te mobiliseer sodat jou liggaam dit gebruik vir energie en dus daarvan ontslae raak. Die program is ontwerp sodat jy nie-strukturele “slegte” vet verloor en nie ‘n afname in spiergewig of watergewig beleef nie.
Slender Wonder meen die sukses van dié dieetprogram is omdat die oorsaak van jou gewigsprobleem aangespreek word – nie die simptome nie.
Jou eerste stap is om ‘n afspraak te maak met ‘n dokter in jou area. Gedurende dié afspraak sal Slender Wonder in diepte met jou bespreek word en die plan van aksie sal aan jou verduidelik word.
Vir meer inligting oor Slender Wonder, die proses en die kostes daaraan verbonde, besoek www.slenderwonder.co.za of stuur ‘n epos aan info@slenderwonder.co.za. Jy kan hulle ook volg op Facebook, Instagram, YouTube en Twitter.