Daar is min dinge wat ‘n mens se pret só kan bederf soos ‘n lastige vaginale infeksie, maar met die regte behandeling, kan jy gou ontslae raak van jou probleem.

Promosie

Daar is ‘n gejeuk waar jy dit nie wil hê nie, en selfs nie meesterlike voorspel kan van seks ‘n plesier maak nie! Dit het jou vroeër in jou lewe oorgekom en dus weet jy presíés wat behandeling gaan verg. Oor ‘n week behoort dié situasie iets van die verlede te wees… Fóút. Om te dink jy kan jou vaginale infeksie self diagnoseer, is een van die grootste foute wat jy kán maak.

Vaginale infeksies kom voor wanneer bakterieë, fungi of protozoë in en rondom die vagina groei. Dit veroorsaak daardie aaklige ongemaklikheid. Die mees algemene vaginale infeksie is ‘n bakteriële vaginose (dit word hoofsaaklik veroorsaak deur bakterieë genaamd Gardnerella vaginalis). Wanneer jou normale suurvlakke daal, tree slegte bakterieë in en dis wanneer jy bakteriële vaginose ontwikkel. Daardie heerlike badborrels en gegeurde lyfseep wat jy vir Kersfees gekry het, kan, onder meer, die oorsaak hiervoor wees!

Die tweede mees algemene tipe infeksie is fungaal en staan ook as swam- of gisinfeksies (Candida) bekend. Dit word meesal deur ‘n fungi genaamd Candida albicans veroorsaak en ook soms vaginitis genoem. Dikwels het gesonde vroue Candida sonder dat enige simptome wys. ‘n Oormaat gis groei wanneer die normale balans in jou vagina versteur word.

Promosie

Derde in die ry is Trichomoniasis, wat veroorsaak word deur protozoë genaamd Trichomonas vaginalis. Sowat 170 miljoen vroue word jaarliks wêreldwyd hiermee gediagnoseer. Dié infeksie is ‘n seksueel oordraagbare siekte en simptome varieer, maar meestal weet mense wat dié parasiet het, nie eens hulle is geïnfekteerd nie.

Jy kan ook ‘n gemengde infeksie hê: ‘n Kombinasie van ‘n gis-infeksie en ‘n bakteriële infeksie en/of trichomoniase. ‘n Suid-Koreaanse studie het getoon dat 34% van vroue met ‘n bakteriële infeksie, ‘n gemengde infeksie gehad het (Lee SH, et al. Korean J Obstet Gynecol. 1981:24:1999.) Nog ‘n studie het gewys dat 21.1% vroue met ‘n fungale of gis-infeksie eintlik gemengde infeksies het. (Ferris DG, et al. Obstet Gynecol. 2002;99(3):419-25.)

Hoe weet jy wat jy het?

Die enigste manier waarop jou tipe infeksie gediagnoseer kan word, is deur ‘n vaginale smeer, wat deur ‘n dokter of klinieksuster gedoen word. Dit word dan gestuur en ge-analiseer deur ‘n patologie laboratorium en uitslae neem tussen 2 en 7 dae. Daar is verskeie produkte op die mark waarmee bakteriële, gis- en swaminfeksies en trich behandel kan word – sommige is met voorskrif en sommige daarsonder beskikbaar. Die probleem is dat ‘n pasiënt weerstandigheid teen sekere antibakteriële en antifungale behandeling kan opbou, wat beteken dat behandeling later nie meer werk nie. (Tomusiak A, et al. Ginekol Pol 2011;82:900-904.). Dit kan ook gebeur dat antibiotika die natuurlike flora vernietig en daarom is ‘n probiotika so nodig.

Ongelukkig word sowat drie uit vier vroue deur vaginale infeksies geteister. Dis vanselfsprekend dat jy eerstens van die gejeuk en reuk ontslae wil raak. Om dit op die regte manier kaf te draf, besoek egter jou dokter sodat jy reg gediagnoseer kan word. As jy nie tyd of geld het vir ‘n doktersbesoek nie, kan jy ‘n topikale antiseptiese jel of mediese douche probeer wat die drie mees algemene tipe infeksies behandel en ook die simptome verlig. Gesels met jou apteker hieroor.

Vir meer inligting besoek gerus betadine.co.za/intimate-care