Jou hormone speel ‘n onontbeerlike rol as dit kom by jou vrugbaarheid. Maak dus seker elkeen van hierdie soldaatjies funksioneer soos hulle moet!

Promosie

Jy en jou maat is drie maande getroud. Terwyl hy soek vir goedkoop vliegkaartjies na eksotiese bestemmings, kyk jy na babakamer-dekor. Nee, julle is nog nie swanger nie, maar jy beplan ‘n gesin gouer eerder as later. Tog is daar ‘n benoude stemmetjie wat aan jou bly knaag: “Wat as ek nie swanger kan raak nie?” Jy het al immers gesien hoe ván jou getroude vriendinne fertiliteits-komplikasies moet hanteer.

Jou hormone is van kardinale belang

As jy maand na maand ‘n toets doen en nié die twee blou lyntjies sien nie, moenie paniekerig raak nie. Onthou, dit neem die gemiddelde paartjie sowat vier tot ses maande om swanger te raak en jy moet dit minstens ‘n jaar kans gee voor julle ‘n fertiliteit-spesialis hoef te besoek. Daar is egter miljoene vroue wat die gevolge van ‘n hormoonwanbalans in die gesig moet staar.

Promosie

“Hormoonbalans word diep verbind tot die kos wat ons eet, die oefening wat ons doen, die gifstowwe wat ons absorbeer, die gewig wat ons dra en die stresvlakke waarmee ons sit. Hoe hierdie verskeie faktore die oorkoepelende hormoon-prentjie impakteer, is krities…” skryf die Women in Balance Institute van die National University of Natural Medicine.

So, wat speel ‘n rol in my vrugbaarheid?

Natuurlik jou ouderdom. Teen die ouderdom van veertig is ‘n vrou se kans om swanger te raak minder as 5% per siklus. En teen 43 is jou kans om selfs met In Vitro bevrugting swanger te raak ook redelik skraal. As jy dus jou veertigs nader en geensins gereed is vir ‘n gesin nie, oorweeg dit om jou eierselle te vries.

Genetika speel ook natuurlik ‘n rol en as jou ma, sussie of ouma voortydig menopouse betree het, is jou kanse ses keer groter as ander om dit ook te beleef. Een van die grootste rolspelers sover dit infertiliteit aangaan, is egter natuurlik hormone. Jou hormone bepaal grootliks of jy kan swanger raak en swanger bly.

Maak seker alles is in plek

Selfs subtiele hormoon veranderinge het ‘n invloed op hoe jou liggaam reageer. Dis ‘n perfekte simfonie en al jou hormone moet in harmonie saamwerk en teenwoordig wees in die regte hoeveelhede, sodat dinge glad kan verloop. Maak dus seker jou hormone is gebalanseerd, sodat jou lyf reg funksioneer en jy een van die dae jou babakamer kan inrig.

Eet genoeg gesonde vette om jou hormone gebalanseerd te hou. Sonder genoeg gesonde vette, word hormoon-produksie gestaak en begin jy die nagevolge hiervan sien. Maak ook genoeg tyd vir ontspanning. Spanning en die streshormoon wat daarmee gepaard gaan, word direk met infertiliteit verbind. Maak seker jy oefen. Oefening is ‘n normaliseerder – ook wat hormone aan betref.

Gebruik ‘n goeie aanvulling. Jou hormone is dinamies. En selfs al stabiliseer dit en word dit meer voorspelbaar namate jy volwasse word, verander jou hormone steeds weekliks volgens jou siklus. Femolene Mylife Adult is ‘n
aanvulling met ‘n unieke formule vir elke week om jou hormone gedurende daardie week te ondersteun – van menstruasie tot ovulasie en die tydperk wat jou periode voorafgaan.

Dus, maak seker jou hormone werk saam as jy broeis na babas in winkelsentrums staar. Jy mag jou dalk net onnodige kopseer en trane spaar…

Vir meer inligting besoek gerus: www.femolenemylife.co.za/femolene-mylife-adult