Die pienke is joune, die bloue is syne. Jy is “heilig” op jou tandeborsel, want dís wat jou daardie blink glimlag gee wat manlief se voete steeds onder hom uitslaan! Ja, jou tandeborsel is noodsaaklik! Dit gee jou ’n vars asem en skitterende tande, maar dit vrywaar jou nie noodwendig teen periodontale siektes nie . . .
Die pienke is joune, die bloue is syne. Jy is “heilig” op jou tandeborsel, want dís wat jou daardie blink glimlag gee wat manlief se voete steeds onder hom uitslaan! Ja, jou tandeborsel is noodsaaklik! Dit gee jou ’n vars asem en skitterende tande, maar dit vrywaar jou nie noodwendig teen periodontale siektes nie . . .
Bloeiende tandvleis laat ’n mens allesbehalwe aantreklik voel. Gingivitis en ander periodontale siektes word veroorsaak deur die bakterieë wat in plaak gevind word. Die bakterieë groei en vermeerder en produseer toksiene, wat lei tot die afbreking van tandvleisweefsel. Geen antibiotika is nodig nie en met die regte mondhigiëne en -regime word die probleem binne ’n paar dae uitgesorteer.
Sou die gingivitis onbehandeld gelaat word, kan dit in meer ernstige periodontale siektes soos periodontitis ontwikkel. Dit is waar die ondersteunende tandweefsel afgebreek word, daar is beenverlies in die kaak en die tande raak los en kan uitval.
Periodontale siektes word ook geassosieer met ander sistemiese siektes. Diabete het ’n verlaagde weerstand teen infeksies en hulle kan makliker periodontitis ontwikkel. Periodontitis kan weer lei tot verhoogde bloedsuiker en verdere diabetiese komplikasies. Navorsing het ook getoon dat daar ’n verband is tussen hartsiektes, beroerte en periodontale siektes. Wetenskaplikes vermoed dat die inflammasie as gevolg van periodontale siektes mense meer vatbaar maak vir hartsiektes.
Moenie die waarde van fluoried onderskat nie – dit kan help om die tande te mineraliseer en te voorkom dat gaatjies ontwikkel. Fluoried werk die heel beste wanneer dit op die oppervlak van die tande aangewend word wanneer ’n mens met ’n fluoried-tandepasta tande borsel. Dit is belangrik dat kleiner kinders met tandepasta moet borsel wat spesiaal ontwikkel is vir kinders wat nog nie mooi kan uitspoel nie. Indien die tandepasta ingesluk word, is die fluoried-konsentrasie baie laag en sal dit nie die ontwikkelende permanente tande beïnvloed nie.
’n Goeie mondhigiëne-roetine is nie net belangrik vir ’n skoon en gesonde mond nie, maar ook vir ’n gesonde liggaam en goeie lewensgehalte saam met jou maat!
Onthou dus die volgende:
1. Besoek die mondhigiënis en tandarts elke ses maande.
2. Borsel twee keer per dag en vlos ten minste een keer per dag.
3. Maak gebruik van ’n anti-plaak tandepasta soos Elgydium. Elgydium bevat chloorheksidien, wat ’n antibakteriële middel is en uitstekende resultate lewer om die bakteriële lading in die mond te verminder en gingivitis an ander periodontale siektes vinnig op te klaar.
https://www.perio.org/consumer/other-systemic-diseases