Konflik is ‘n belangrike en onvermydelike deel van elke langtermynverhouding. Dit is nie lekker om te baklei nie, maar ‘n goeie rusie kan julle nader aan mekaar bring en onderliggende probleme uitstryk. Só doen jy dit met ons maandgids.

Promosie

VRYDAG NOMMER 3:

JUL JIPPEE-VRYDAG wenk:

Moet nooit baklei op ‘n leë maag nie! Ook nie wanneer een (of beide van julle) moeg of besig is nie. Besluit wanneer ‘n goeie tyd gaan wees by om ‘n empatiese proses betrokke te wees. Julle kan selfs ‘n ‘warm uur’ hê. Maak dit byvoorbeeld Vrydagaand om 9uur, net ná seks (mits julle nie moeg is nie). Julle sal in ‘n goeie, ontspanne luim wees, na aan mekaar voel en só kan julle ‘n saak uitpraat vóór dit in ‘n rusie ontaard.

Promosie

JUL FIRELIGHTER vir ‘n goeie gesprek:

“Is jy meer geneig om konflik te vermy of dit te trotseer?”

Jy lees waarskynlik dié vraag en dink: As jy getroud is, behoort jy die antwoord te ken! Maar baie paartjies hanteer konflik op die manier waarop húlle graag wil, sonder om uit te vind hoe hul maats verkies om ‘n saak op te los. Dalk dínk jou maat hy is die tipe wat ‘n saak dadelik oplos, maar in werklikheid kies hy die hasepad sodra ‘n taai situasie hom voordoen. So kan julle hierdeur praat (hopelik sonder om ‘n rusie te ontlok!).

JUL WITWARM WENK:

Eers gimnasium toe, dan bed toe (of kombuistafel, of wasmasjien! En ons praat nie van kosmaak of wasgoed was nie …). Oefening is goed vir jou gesondheid. Dit verbeter jou kardiovaskulêre gesondheid, verminder spanning en dit laat jou sommer beter oor jouself ook voel. Gaan oefen saam vir uitstekende voorspel.

JUL BUCKETLIST PLAN:

Stel vir julle ‘n fiksheidsuitdaging daar! Besluit om saam jul eerste 5K of marathon te hardloop. Dit kan ‘n fietsry-uitdaging wees, dit kan die Midmar wees … enigiets, maar besluit saam wat julle wil aanpak en skryf die datum groot in jul kalenders neer. Dit gee aan jul uitdaging ‘n deadline en julle sal saam moet sweet om die deadline te haal! So iets gee aan ‘n paartjie ‘n nuwe belangstelling, ‘n gevoel van ‘ons het dit gedoen!’ en julle kry die toegevoegde voordeel dat julle saam fiks word.

JUL INSPIRASIE-FLITS:

“Alle probleme verklein as jy nie vir hulle koes nie, maar hulle konfronteer.” – William F. Halsey

JUL  DAAGLIKSE GEWOONTE:

Moenie wag vir spesiale geleenthede nie. Paartjies wat hou, koop vir mekaar geskenke, maak vir mekaar lekker etes en gee mekaar voetmasserings, sommer net. Hoekom moet jy wag? Spesiale geleenthede is net té ver uitmekaar …

Indien jy deel 2 gemis het kliek hier!