Ek wil weet wat dink julle oor wedersydse masturbasie binne die huwelik. Is dit reg vir Christene om dit te doen?

Promosie

Dr Elmari Mulder Craig, kliniese seksuoloog en verhoudingskenner, antwoord:

Wedersydse masturbasie in die huwelik kan baie voordelig wees vir ’n paartjie se sekslewe. Dit is net nog ’n vorm van sensuele en seksuele intimiteit. Dit kan ook dien as ’n alternatief vir seksuele bevrediging wanneer ’n vrou besig is om te menstrueer. Dit kan jou sekslewe baie interessant maak.

Dit is baie moeilik om ’n swart-en-wit antwoord op vrae te gee waarvoor daar nie ’n swart-en-wit antwoord in die Bybel staan nie en daar is verskeie seksuele kwessies wat nie in die Bybel bespreek word nie, maar volgens ons is dit een van die wonderlike maniere wat God aan ’n getroude paartjie gegee het om mekaar te kan verken en te geniet (mits dit iets is wat beide partye graag wíl doen). Paul en Lori Byerly van themarriagebed.com sê wedersydse masturbasie kan gebruik word as voorspel of as ’n manier om die ander party tot orgasme te bring. Dit “oortree nie enige van die beginsels wat aan ons gegee is nie en daar is selfs ’n sterk ondertoon hiervan in Hooglied. Ons sien geen rede waarom julle nié jul hande kan gebruik om mekaar op te wek vóór seks, of om ’n orgasme hiervan te hê voor, na of in plaas van penetrasie nie.” Hulle se ook dit kan ’n goeie manier wees om seksdrange te bestuur wat nie heeltemal in voeling met mekaar is nie – RED.

Promosie