Deur die immuunstelsel gesond te hou, verbeter ’n mens jou vermoë om die lewe se uitdagings trompop te konfronteer. ’n Goeie immuunstelsel bevorder energievlakke, lewenskragtigheid en fisieke energie, en dit verbeter ook jou voorkoms en verstandelike vermoëns. Maak dus seker jy en manlief kyk hierna . . .
Die verouderingsproses en die impak van daaglikse en langtermyn spanning kan jou immuunstelsel beïnvloed. Dit versteur die natuurlike balans en laat oormatige gifstowwe in die limfstelsel opdam, wat kan lei tot verkoue, hoes en ’n algemene gevoel van lae energievlakke.
Die noodsaaklikheid van ’n gesonde dieet
Gesonde immuunstelsel-selle benodig goeie, gereelde voeding. Wetenskaplikes het lankal erken dat mense wat in armoede leef en ondervoed is, meer kwesbaar vir siektes is.
Daar is ook bewys dat verskeie tekorte aan mikrovoedingstowwe – byvoorbeeld tekorte aan sink, selenium, yster, koper, foliensuur en vitamiene A, B6, C en E – die immuunstelsel se doeltreffendheid verander.
Wat kan jý daaraan doen?
As jy vermoed dat jou dieet nie aan jou mikronutriënt-behoeftes voldoen nie, neem ’n daaglikse multivitamien- en mineraalaanvulling. Afgesien van ’n voordelige uitwerking op die immuunstelsel, hou dit heelwat gesondheidsvoordele in. Jou eerste lyn van verdediging is dus om ’n gesonde leefstyl te kies.
Hou ook jou leefstyl sterk en gesond! Gesonde leefstylkeuses sal elke deel van jou liggaam, (insluitend jou immuunstelsel) beter laat funksioneer en ook toesien dat jy verbeterde beskerming teen omgewingsaanvalle het:
• Moenie rook nie.
• Eet genoeg vrugte, groente en volgraan, en neem minder versadigde vet in.
• Oefen gereeld.
• Handhaaf ’n gesonde gewig.
• Hou jou bloeddruk onder beheer.
• Gebruik alkohol met matigheid.
• Maak seker jy kry genoeg slaap.
Die behoorlike opname van voedingstowwe kan jou immuniteit verbeter en dit het dus ’n direkte invloed op jou gesondheid en voorkoms. Wetenskaplikes beskryf byvoorbeeld Bettamed se aktiewe bestanddeel (KHD-FA-koolhidraat afgeleide fulviensuur) as “verreweg die beste aanjaer van voedingstowwe” as gevolg van die “Supervoeding-Effek” wat dit het. KHD-FA vervoer minerale en vitamiene doeltreffend en verskaf voedingstowwe direk aan immuunselle.
Bettamed-tablette (houers van onderskeidelik 80 en 180 tablette) is by alle goeie apteke en gesondheidswinkels (insluitende DisChem, Alphapharm en Wellness Warehouse) beskikbaar.
Vir meer inligting besoek www.bettamed.com of kontak 082 211 4536
Artikel deur BERNADINE JOHNSTONE