Oefening en ’n gesonde leefstyl kom nie vir almal ewe natuurlik nie. Maar soos jy ouer word, besef jy al hoe meer dat jy jou liggaam moet oppas en gesonde leefstylkeuses moet maak. As gesondheid nie reeds ’n prioriteit in jou huwelik en huishouding is nie, is vandag die regte tyd om te begin.

Promosie

1. Met dapper en stapper
Party mense lyk soos gebore atlete en gimnasium-entoesiaste. As jy nie reeds gereeld oefen nie, is dit nie die beste plan om blindelings met ’n groot vaart weg te spring nie. Begin met iets basies soos stap in jou buurt. Daar is ’n groot verskeidenheid oefeninge wat jy tuis kan doen met minimale of geen toerusting nie. Wanneer jy eers jou onaktiewe rusbankleefstyl aangepas het, kan jy ’n persoonlike afrigter of fiksheidskenner nader om vir jou die regte plan uit te werk om die volgende stap te neem. Onthou: Fiksheid en fermer spiere kan ’n groot voordeel in die slaapkamer wees. Dit gaan jou ook meer energie en lus vir die lewe gee.

2. Jy is sowaar wat jy eet
Jy het dit al honderde kere gehoor, maar as jy eerlik is wil jy beslis eerder ’n appel as ’n vetterige pastei wees. Balans is die wagwoord. Moenie jouself van alle lekker dinge ontneem nie. Probeer iets soos ’n 80/20-beginsel. As jy 80% van die tyd reg eet en oefen, kan jy jouself af en toe bederf. Vars groente en vrugte wat onder jou tande kraak bevat meer voedingstowwe. Probeer om verwerkte kosse so ver moontlik te vermy. Vars, tuisvoorbereide kos is goedkoper én gesonder. Dit neem ongetwyfeld tyd, maar met goeie beplanning sal jy gou in ’n roetine kom. Beplanning vir middagetes by die werk is net so belangrik, want as jy eers doodhonger raak, sal jy na enigiets gryp wat jy in die hande kry.

3. Vitamiene vir vitaliteit
Is jy iemand wat glo jy kry waarskynlik genoeg voedingstowwe en vitamiene in deur dit wat jy eet? Met die gejaagdheid, kitskos en spanning van ons tyd, is vitamienaanvullings en bykomende hulpbronne ’n absolute móét. Niemand in jou gesin gaan die mas alleen kan opkom nie. ’n Produk soos Novavit® Plus is ’n omvattende en gebalanseerde daaglikse vitamien- en mineraalaanvulling wat jou kan help met die hupstoot wat jy nodig het. Vitamiene en minerale is belangrik in die verrigting van jou daaglikse take. Jy moet vir jou brein die beste voedingstowwe gee. Sink, magnesium en kalsium is baie belangrik in die ondersteuning van die senustelsel. Vitamien C en Vitamien B kompleks is ook baie belangrik vir optimale funksionering. As jy Novavit® Plus een maal per dag neem, sal dit sorg dat jy die nodige mikro-nutriënte inkry wat jy nodig het. Dié produk kan jou deur die jaar help met jou gemoed en die hantering van spanning.

Promosie

4. Water en nogmaals water
Sorg dat jy so gou moontlik in die gewoonte kom om genoeg water in te neem, selfs in die bibberende winter. Maak dit vir jouself opwindend deur jou met ’n ordentlike waterbottel te bederf. Daar is deesdae baie goeie waterbottels op die mark waarin jy selfs vrugte kan laat lê vir ekstra geur. Daar hoef geen perke aan jou kreatiwiteit te wees nie. Suurlemoen, aarbeie, komkommer en kruisementblare werk baie goed om jou water ’n lekker smaak te gee.

5. Soek doelbewus die stilte
Dis nie meer so maklik om tussen sperdatums, projekte en die kinders se skoolprogram rus vir die siel te kry nie en tog is dit onontbeerlik vir jou algemene gesondheid. Mindfulness is die gonswoord van ons tyd, maar om ten volle teenwoordig te wees in elke oomblik, moet jy moeite doen om die “geraas” in jou lewe te verminder. As jy nie doelbewus pogings gaan aanwend om stilte en rus te beoefen nie, gaan jy jouself iewers in die proses verloor en dit kan onnodige spanning in jou huwelik bring.

Gesondheidswenke klink mooi op papier, maar die praktyk vra baie moeite en opoffering. Kry vir jou ’n verantwoordbaarheidsmaat – dit kan selfs goed wees as dit jou huweliksmaat is. Moenie moed verloor in tye wat jy net nie by alles kan uitkom nie. As jy belê in goeie fisieke en geestesgesondheid, sal jy verbaas wees oor wat dit vir jou huwelik kan beteken én dit stel ’n goeie voorbeeld vir jul kinders. As jy eers begin, gaan die resultate jou verder oortuig.

Vir meer inligting, besoek novagenpharma.co.za

Artikel deur: Lize Groenewald