Hier is ’n paar idees wat jy kan gebruik om die woema weer terug te sit in ’n moeë liefdeslewe:
- Wegneemetes kan sleg wees vir jou gesondheid … maar wondere doen vir jou verhouding! Spandeer daardie 30 minute wat jy voor die kospotte sou deurbring aan manlief en maak seker dinge kook!
- Wees spontaan. Sodra ’n geleentheid homself voordoen, gryp dit aan. As Ouma en Oupa kom kuier, hoor dadelik of hulle nie die kinders vir ’n kort uitstappie kan neem nie, al is dit net vir ’n uur. Herontdek dan die sitkamerbank of die kombuistafel.
- Maak ’n punt daarvan om ’n goeie verhouding te hê met iemand wat jul kinders vir ’n aand of wat kan oppas. Ouer kinders wat by maats gaan oorslaap, kan ook sorg vir ’n romantiese aand vir net julle twee.
- Reël dat jy gaan laat wees vir werk, want jy het ’n dringende “afspraak”. (Dit is mos!). Gaan laai die kinders by die skool af en jaag terug huis toe vir ’n uurlange vuurwarm sessie met manlief. Dit sal iets wees om te onthou. Jy sal ook sommer met hernude ywer wegspring by die werk! En dalk ook nog die ou Kellogg’s deuntjie She’s Got It All This Morning neurie!
KLIEK HIER vir die volledige artikel en die eerste 7 maniere om tyd te maak vir seks
Addisionele bronne: mamashealth.com; netdoctor.co.uk; bbc.co.uk.