’n Bucket list is daardie lysie van dinge wat jy wil afhandel voor jy die spreekwoordelike emmer skop. En ’n sexy bucket list noem ons by INTIEM sommer ’luslysie’, vir al daardie stoute goed wat jy en jou maat gedoen wil kry in die slaapkamer department…

Die meeste van ons het ’n bucket list. Selfs al het jy dit nog nie neergeskryf nie. Só kan jy en manlief ’n luslysie saamstel wat uniek is tot jul huwelik en jul persoonlikhede:

  1. Wees voorbereid. Kry ’n goeie bottel wyn en gaan klim vroeg in die bed met twee notaboekies. Ja, ’n bucket list kan in jou kop bly, maar om ’n fisieke lysie te hê waarna jy terug kan verwys, maak dinge net sóveel makliker. Natuurlik word ’n bucket list gereeld opgedateer, so hou jul notaboekies in die bedkassies vir wanneer daardie briljante kreatiewe idees julle beet pak!
  2. Beplan jul lysies. Stel vooraf ’n datum vas sodat julle bietjie jul gedagtes kan laat gaan. Dink aan maklike haalbare items. Dit klink dalk fantasties om seks te hê op die piek van Everest, maar begin eerder by die bult net buite die dorp.
  3. Lê nou langs mekaar met jul notaboekies en skryf die items neer wat jý graag op jou lysie wil hê terwyl manlief presies dieselfde doen. Onthou, soos met fantasieë is hier geen judgement Moet dus nie uitbars van die lag oor jou man se gedagte om seks in ’n brandweerpak te hê nie! Vergeet jul vrese, perke en skryf alles neer wat in jul kop kom – selfs die onmoontlike. Hierdie is die geen-limiet draft. Seks op ’n draak se rug? Bring it on! Die idee van hierdie fase is om die kreatiwiteit aan die borrel te kry.
  4. Noudat julle elkeen ’n basis het, is dit tyd om die moontlike en die onmoontlike van mekaar te onderskei. Wees prakties en maak seker dis regtig onmoontlik voor jy dit van jou lysie afskrap. Soms kan jy dit dalk net aanpas. Seks op die rug van ’n draak is dalk onmoontlik, maar wie gaan julle keer om die dirty te doen op die rug van ’n ysterperd? Skryf nou jou nuwe lysie met dit wat jy dink doenbaar is en laat spasie vir verandering. Jy sal gedurig nuwe idees byvoeg en simpel idees weglaat.
  5. Wys vir mekaar jul lysies – en onthou: Geen oordeel nie! Bespreek elke item op mekaar se lysies. Onthou, sy items is dalk dinge wat nie vir jou aanloklik lyk nie, maar die idee van luslysie is om mekaar uit te daag en jouself ’n bietjie te strek. Kyk na die items waarvoor jy waarlik nie kans sien nie en vra jou maat of julle dit maar kan skrap of aanpas. Hy kan dieselfde doen.
  6. Sodra julle hierdie stap afgehandel het, behoort julle nou met ’n redelik finale bucket list te sit. Skryf dit netjies oor en prioritiseer terwyl julle dit doen. Bo-aan jul lysie moet die makliker dinge neergeskryf word. Soos wat julle lysie al langer word, kan die taai items (dié wat ’n groter uitdaging is, meer geld gaan kos of moeiliker gaan wees om ’n realiteit te maak) na onder skuif. Dit beteken nie dat julle dit nooit sal doen nie (anders hoort dit nie op daardie lysie nie), maar slegs dat dit nie nou vir julle ʼn prioriteit is nie. Bêre jul luslysie op ’n veilige plek. Elke keer wat julle ’n item afhandel, kan julle dit doodtrek op jul lysie. Wees egter seker dat julle voortdurend nuwe items byvoeg. Die goue reël? Moet nooit daarop konsentreer om die luslysie te voltooi nie, slegs die take daarop.
  7. Julle kan ook kleiner bucket lists saamstel uit jul groter luslysie. Een vir byvoorbeeld: “Ons bucket list vir die somervakansie in Maldives” of “Voor ons veertigste verjaarsdae . . .”
  8. Werk ’n ekstra kolom met deadlines of datums in.Teen wanneer wil julle gaan rondrits op ’n eiland of ’n ballonvaart bespreek? Dit help baie om na ’n datum toe te werk, veral as julle doelwitgedrewe is!

Die hele idee is dat julle as paartjie jul eie bucket list opstel, maar hier is solank ’n paar idees vir inspirasie!

  1. Ons wil aansluit by die Nege Provinsies klub. Neem jul kar en onderneem ’n road trip reg deur Suid-Afrika. Die doel: Om ‘die ding’ te doen in elke provinsie.
  2. Ons wil dit doen soos op die Discovery Channel. Hiervoor sal julle iewers in die bos ’n afgesonderde plekkie moet soek waar net die kranse antwoord gee en die ape kom ondersoek instel!
  3. Ons wil die kampeerders uit hul sokkies skok! Om dit te doen, moet julle een aand poedelnakend kaal (behalwe vir júl sokkies en jul smiles) deur die kampeerterrein hol.
  4. Ons wil gaan skinny dip op vakansie. Daar is min dinge so romanties soos die maanlig op die water en as jy nog nooit geskinny dip het nie, is dit ’n loutere skande!
  5. Ons wil mekaar ’n love bite Dit is iets wat regtig dom voel ná die tyd maar waarlik eroties in die oomblik. Die uitdaging sal wees om met ’n love bite werk toe te gaan en te kyk hoeveel mense dit raaksien!
  6. Ons wil die volumeknoppie opdraai! Die idee om te skreeu en te gil is amper soos om hardop te lag. Eers voel dit fake, maar baie gou raak jy opgesweep in die oomblik. Miskien is dit goed om dié enetjie ook in die bos af te handel.
  7. Ons wil by die mile high club Hieroor moet belangstellendes eers goed navorsing doen want dis ’n tricky een, maar, meen dié wat weet, om in die badkamer van ʼn vliegtuig seks te hê (in die lug) maak als die moeite werd!
  8. Ons wil sien hoe lyk ons in the act! Dit kan baie sexy wees vir ’n paartjie om hulself te aanskou. Die ideaal is om voor ’n spieel te soen en mekaar uit te trek, voor daar na die meer frisky dinge oorgeskakel word!
  9. Ons wil smooch in die reën. Daar is min dinge só romanties soos ’n soen in die reën. As jy boonop ’n wit bloesie aan het en begin bibber, sal dit onvermydelik in ’n báie warm stort eindig . . .
  10. Ons wil rowwe seks hê. Jip, romantiese seks is natuurlik heerlik, maar so nou en dan is dit lekker om mekaar se knope af te pluk en te voel hoe jou grotman jou aan die hare beetgryp . . .
  11. Ons wil seks in ons ou slaapkamers hê. Jip, dit gaan dalk ’n bietjie snaaks voel, maar dit is juis deel van die thrill. Om seks te hê op die plek wat jy met jou onskuld assosieer. Om dit te doen terwyl jul ouers boonop in die huis is, maak die opwinding nóg lekkerder!
  12. Ons wil ons eie seks video maak. Al wat jy nodig het hiervoor, is jou slimfoon. Wat lekker is van hierdie uitdaging is dat jy jou maat een honderd persent moet vertrou. As julle bang is dit beland in die verkeerde hande, kyk saam daarna en vernietig die file!
  13. Ons wil blinddoeke inspan. Die gebruik van blinddoeke is ’n wonderlike manier om jou sekslewe bietjie zest te gee. Dis baie opwindend om nie te weet waar jy volende aangeraak word nie. Maak beurte met die blinddoek.
  14. Ons wil van mekaar se lywe af eet. Onthou jy vir Samantha in Sex and the City met haar lyf soos ’n susji-tafel gedek? Fantastiese idee. ‘Nuf said.
  15. Ons wil elke kamer in die huis ‘doop’. Jip, as julle in ’n nuwe huis intrek, kan julle elke kamer as’t ware inwy deur seks daar te hê. Dit is ’n wonderlike manier om ’n vrag vol herinneringe te skep wat niemand van sal weet nie. En as tannie San weer met haar boud teen die buffet tafel leun en jy en manlief kyk vir mekaar, gaan julle jul lag nie kan inhou nie!
  16. Ons wil nommer 69 onder die knie kry. Dis nie so maklik nie en ook nie baie vroulik nie (as jy hangups het oor manlief se view op jóú rear view gaan jy bietjie sukkel met dié ene), maar dis iets wat elke paartjie moet bemeester (of minstens probeer). Vir dié wat nie weet nie – dis orale seks tergelyketyd!
  17. Ons wil seks hê op ʼn lessenaar. En waar beter as in jou of jou maat se kantoor? Maak net seker niemand werk laat nie en dat die sekuriteitskameras afgeskakel is.
  18. Ons wil seks op ʼn wasmasjien hê. Hmmm, dit gaan alles oor die vibrasies. Ons hoef nie veel meer te sê nie . . .
  19. Ons wil cyber seks hê. Ja, wat kan begin as onskuldige(rige) voorspel kan gou ontaard in vuurwarm seks as jy en manlief begin om sexy emails heen en weer te stuur. Die lekker hiervan is dat daar nie oogkontak is nie, wat ’n mens veel meer gewaagd maak as gewoonlik.
  20. Ons wil seks in ʼn hysbak hê. Dit word seker as die ‘ultimate quickie’ beskou! As julle nie genoeg guts het nie, begin met orale seks.

Hier is ʼn paar luslysie items vir pappas en mammas:

Promosie
  1. Seks in die kar (want julle kan dit nêrens anders doen nie!)
  2. ’n Orgasme terwyl die kinders teen die deur hamer.
  3. Doodse stil seks in die hotelkamer terwyl die kinders slaap.
  4. Seks op die maat van Liewe Heksie se kenwysie.
  5. ’n Quickie in die besemkas terwyl die kinders deur die huis hardloop.
  6. ’n Half-aan-die-slaap quickie voor baba wakker word vir die volgende voeding.

 

Deur Annelize Steyn
Addisionele bronne: www.yahoo.com; www.goodtoknow.co.uk