Daar is waarskynlik niks wat so lekker dra soos jou staatmaker T-hemp nie (daardie pampoenkleurige nommertjie wat uit jou studentedae dateer…). Dit beteken egter nie jy gaan hom elke tweede dag dra nie. Dieselfde geld vir seks.

Promosie

Staatmakerseks is goed en reg op sy tyd, maar beslis nie elke dag nie. Daar is te veel variasies om vanuit te kies om in ’n groef te verval…

“My man hou daarvan om dinge te doen volgens ’n patroon. Elke oggend staan hy klokslag om vyfuur op, draai die stortwater oop voor hy ’n skoon handdoek uit die kas gaan haal en stort vir presies sewe minute. Op Saterdae word die opstaantyd een uur later gestel, om 6 vm draai hy na my toe sodat ons lepellê en wanneer ek reageer deur my gesig na hom toe te draai, begin ons die dag in die missionary posisie vir 10 minute voor ek dit beëindig met ’n orgasme waarvoor ek keer op keer ’n Oscar verdien!” Só lag René Coetzee, ’n tuisteskepper van Queenstown, wanneer jy haar vra of daar roetine in haar sekslewe is. “Dit is vir my okay. En soms hoef ek nie ’n orgasme te fake nie, maar die meeste van die tyd wens ek net ek kon ons sekslewe met ’n bietjie spice optower! Roetine is goed en wel maar nie élke liewe dag nie!”

Omdat seks met ’n huweliksmaat baie gou in ’n voorspelbare patroon kan verval, is dit belangrik om dinge opwindend te hou. Soms is seks slegs seks: What you see is what you get. Soms is dit heeltemal voldoende. Maar as jou sekslewe elke dag ‘slegs seks’ is, moet jy dalk daaraan dink om die pas, posisie, plek of tyd ’n bietjie af te wissel. Daar is soveel moontlikhede dat jou sekslewe nooit vaal hoef te raak nie. Al wat dit verg is ’n bereidwillige maat en hope verbeelding.

Promosie

Jou bene doer en jou arms daar…

Jy ken waarskynlik die presiese ligging van elke moesie op manlief se agterstewe, en hy kan met toe-oë die kurwes van jou heupe teken. Dit is waarom ’n verandering van posisie soms broodnodig is. Sodat die bekende so effens onbekender kan voel. Probeer vir ’n slag om bo-op jou maat te sit gedurende seks.

Of die skêr-tegniek. Dit vereis dat jy op jou rug lê en jou man langs jou sy. Hy lig jou regterbeen op en trek dit oor sy middel. Hy plaas sy boonste been bo-oor jou linkerdy en penetreer jou van die kant af. Probeer seks hê terwyl julle regop staan, op julle knieë staan of jy op sy skoot sit. Daar is verskeie erotiese boeke wat jou van inspirasie kan verskaf, maar gebruik net jou verbeelding en jul ledemate kreatief en jy sal sien die moontlikhede is eindeloos!

n Kwessie van ritme en intensiteit

Sodra jy die posisies onder die knie het, kan jy en manlief leer om julle aanslag te verander. Hy kan die diepte van penetrasie afwissel. As julle gewoond is aan diep penetrasie, probeer dit vlakker vir ’n paar keer. Verander die spoed en intensiteit. As manlief hou van vinnige, ruwe aksie, probeer dit so nou en dan ’n bietjie uitrek.

As julle ’n patroon het waarvolgens julle beweeg nét voor julle ’n orgasme bereik, breek daardie patroon deur vir ’n paar oomblikke op te hou, te soen en dan weer te begin. Varieer ook die ritme van seks. As jy gewoonlik slegs konsentreer op die manier waarop jy jou bekken beweeg, probeer fokus op jou ander liggaamsdele, soos deur jou rug te buig of jou arms bo jou kop te hou.

’n Nuwe persona in die slaapkamer…

Vir afwisseling kan jy soms probeer om fisieke veranderinge aan jou liggaam te maak. Moet asseblief nie ’n duiweltjie op jou boud laat tatoeëer nie – niks wat permanente skade gaan verrig nie! Maar jy kan byvoorbeeld gewig verloor of optel. As jou liggaam leniger is en jou spiere fermer, gaan seks uiteraard heeltemal anders voel. Probeer ’n nuwe haarstyl of haarkleur of verf jou naels helderrooi! Jy kan selfs vir afwisseling ’n Wonderbra bed toe dra of bra-vullers koop en jou gunsteling-bra só ’n bietjie van ’n hupstoot gee!

Eetbare opkikkers

Deur kos en seks te meng, kan jy waarlik jou sekslewe heelwat geur! Bly liefs weg van ware chillies en rooipeper en wees veilig met bestanddele soos geklopte room, kersies, druiwe en sjokolade. Vier ’n herdenking met ’n borrelbad en ’n bottel sjampanje byderhand. In plaas van in glase, laat stroom die sjampanje oor jul lywe en stel ’n liggaamlike heildronk in. Daarna kan julle dit van mekaar se lywe af soen. Voer jou geliefde druiwe of eet ’n stuk liquorice van beide kante af. Ys is altyd ’n wenner en kan sensasioneel voel oor jou skouers, nek, tepels en arms.

Droog is dróóg…

Jy kan pret hê met olies en smeermiddel. Onthou, smeermiddel kan deel uitmaak van voorspel en hoef nie uitgehaal te word die oomblik wat penetrasie ter sprake kom nie. Sekere bekende handelsname het nou selfs smeermiddels wat ’n dubbele doel dien en waarmee jy jou maat kan masseer. Selfs ’n hand- of voetmassering kan baie sensueel voel en as jou man ’n ding vir voete het, is dit nét die produk om aan te skaf.

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand…

Hoewel sommige paartjies sal wegskram (en dit voel dalk ook té voyeuristies vir jou) kan ’n spieël wondere in die slaapkamer verrig. Spieëls reflekteer opwinding en erotika. Deur voor ’n spieël seks te hê, kan aan jou en jou maat ongelooflike visuele stimulasie verskaf.

Daar is iets baie opwindends om jou en jou maat se liggame verweef en naak te sien, waarskynlik omdat dit iets is waaraan jy nie regtig gewoond is nie. Wanneer die beligting in die kamer goed is, kan dit ook wondere vir jul selfbeeld verrig en jou supersexy laat voel om jouself so te sien. Uiteraard sal die seks ook supersexy wees!

Tydbestuur in die slaapkamer

Hoewel seks self redelik kort is, kan die tyd wat jy aan voorspel en naspel bestee, aansienlik wissel. Jy kan dit vir ’n paar sekondes lank doen, ’n paar minute en self ’n paar uur. Die dapperes meen dat seks selfs ’n paar dae kan duur! Seks hoef nie noodwendig lank te duur nie en ’n quickie op sy tyd is baie opwindend. Dan is daar die seks wat heelwat langer duur. Een voorbeeld hiervan is ‘naweek in die berge-seks’, ’n tema wat INTIEM in die Winter-uitgawe gepubliseer het.

24 uur beskikbaarheid

As julle lank reeds getroud is, is daar waarskynlik roetine in die tyd van die dag wanneer julle seks het. (Moontlik saans wanneer die kinders slaap, né?). Dít is egter waar seks vinnig voorspelbaar raak. Dit ís heerlik om seks voor slaaptyd te hê – dit help jou om aan die slaap te raak en jy kan heelaand in jou maat se arms toegewikkel lê. Dit behoort egter nie die énigste tyd te wees wanneer julle seks het nie. Oggendseks is ’n wenner wanneer julle albei steeds half aan die slaap is, en daar is niks verkeerd met luilekker namiddagseks nie.

Laat die situasie julle lei

Somtyds is dit sekere situasies wat die perfekte broeigrond vir baanbrekerseks skep. Soos wanneer julle op ’n eksotiese vakansie is. Daar is niks wat mense hul inhibisies só oorboord laat gooi soos wanneer hulle voel hulle is weg waar niemand hulle ken nie.

Misbruik gerus die bedwelmende kokosneut-reuk en maak van julself die wilde paartjie wat julle op julle wittebrood was. Of: Wanneer julle volgende keer baklei, gebruik die adrenalien wat opbou en kanaliseer dit eerder in vlammende seks. Deur seks te hê ná ’n rusie, kan ’n paartjie ook na aan mekaar laat voel. Maak net seker dat elke rusie nie onopgelos bly, omdat julle reguit slaapkamer toe peil nie!

Die plek is onbeperk

Onthou, al wat julle werklik nodig het vir goeie seks, is julle lywe. Seks kan dus plaasvind enige plek waar julle lywe julle kan dra. Badkamers laat julle toe om die spieël-moontlikhede te ondersoek en die stoom in ’n badkamer gee ’n baie sexy effek. Die stort is ook ’n heerlike plek vir seks. Moet ook nie die kombuis vergeet nie. Jy het dit waarskynlik al in die Hollywood-flieks gesien – geen rede hoekom julle dit nie ook kan probeer nie. Dan is daar die eetkamertafel, die sitkamerbank, die trappe slaapkamer toe of die solderkamer!

Dit wys jou – selfs die geringste wysiging kan ’n teenvoeter vir verveling wees! Kyk flieks, lees boeke en dink met ’n stoute gedagtegang… ’n gewone idee mag jou dalk net help om nuwe liefdesvuur in jou flou sekslewe te blaas!