In dié artikel gee ons jou met elke uitgawe tien goeie wenke om die vonke in die slaapkamer te laat spat!
- Hou aan met dít wat werk! Goed, ons almal weet dat jy maar jou maat se seksgeluide kan gebruik as riglyne vir wat werk en wat nie. As hy/sy dáárdie geluid maak, weet jy jy doen iets reg. En as jy iets reg doen, wil jy verbeter. Maar die geheim is om aan te hou met presies dit waarmee jy besig is.
- Staan voor die spieël en streel oor jou maat se liggaam. Wys haar en vertel in haar oor waarvan jy hou en hoekom jy daarvan hou. Onthou, mans én vroue word visueel opgewek en dit is ’n wonderlike manier van voorspel.
- Trek sexy onderklere onder jul gym-klere aan. Sê vir hom jy is op pad gym toe, maar wil graag hê dat hy jou moet help om te strek vir opwarming. Terwyl jy buk, laat hom ’n stukkie van jou ragfyn broekie sien, laat glip jou bostuk af sodat jou bra se satynstrikkie uitsteek… en wonder dan hardop of daar nie ’n manier is waarop julle sommer by die huis kalorieë kan verbrand nie.
- Moenie te veel druk op jouself plaas as dit by orale seks kom nie. As jy besig is hiermee en jou nek raak styf of jou rug raak seer, neem ’n breuk. Daar is in elk geval bewys dat die herhaalde stop-begin tegniek seks lekkerder maak.
- Hou pepermente in jou bedkassie se laai. Suig hieraan en soen mekaar – oraloor! Blaas dan oor die afgekoelde dele. Dit gee ’n koel sensasie wat die hele ervaring intensiveer.
- Terwyl julle by ’n geleentheid of in ’n restaurant is, glip gou badkamer toe en trek een van jou stukkies onderklere uit. Glip dit in sy broeksak. Hy sal nie sy aandag by enigiets anders kan bepaal as dít wat hy in sy sak voel nie!
- Skud dinge ’n bietjie rond. Dit kan enigiets wees – die posisie, die tyd van die dag, die manier waarop seks verloop. Deur dinge ’n bietjie om te swaai, kan julle jul sekslewe opkikker en dit die woema gee wat dit verdien!
- Hou julle van die woman on top-posisie? Natuurlik doen hy! Hy geniet ’n wonderlike uitsig. Maak dit vir hom nóg lekkerder deur om te draai sodat manlief jou agterstewe kan bewonder.
- Maak dit ouditief! Die regte musiek in die agtergrond kan wondere vir jou sekslewe verrig. Dink aan musiek waarop julle as studente gevry het of die liedjie waarop julle jul eerste dans gehad het. Die perfekte liedjie kan die passie laat opvlam, so doen moeite met jul speellys. Goeie voorbeelde is Etta James se At Last, Unchained Melody deur die Righteous Brothers, en Adele se Love Song. Maar alles hang natuurlik af van wat vir júlle spesiale betekenis ingehou het.
- Moenie deur die advertensiebreuke op jul PVR fast forward nie. Plaas die afstandbeheer eenkant en trek ’n stukkie klere uit. Julle kan vry tot die televisieprogram weer begin… of nie.
Deur Annelize Steyn